BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 445

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Satan streef om die mense van God te vervreem

3369 Die geestelike ontwikkeling in die lewe op aarde is so buitengewoon belangrik en tog word dit meestal buite beskouing gelaat. En dit is die werksaamheid van God se teenstander, wat daarna streef om die mense soveel as moontlik te verhoed om oor hul eintlike lewensdoel na te dink. Slegs aktief nadenke lei die mens na die doel. Dit bring hom binne `n kort tydjie tot die insig van sy roeping.

Maar sodra hy op die een of ander manier gekonfronteer word met die verpligtinge van die wêreld, dat dit sy denke geheel en al in beslag neem, het die teenstander van God sy doel bereik, naamlik om hom van elke geestelike gedagte af weg te hou. En die mens sal nou nie die geringste vir sy siel doen nie, omdat die nood van sy siel nie vir hom duidelik is nie. Want om aan sy siel te werk, moet hy weet dat sy haar in `n onvolmaakte toestand bevind. Hy sal self die oorsaak daarvan voor die gees moet roep, hy sal ook die gevolge moet ken en sy siel in `n verkeerde lewenswandel herken. Dan eers sal hy daarna streef om te verander en aan sy siel te begin werk.

Maar dit probeer die teenstander van God te verhinder, deurdat hy die aardse lewe op die voorgrond stel en elke geleentheid gebruik om die mense te lok met dit wat aan die wêreld behoort. En die mens gaan maar al te gewillig agter die wêreldse versoekings aan. Hy laat hom verlei en volg hom, omdat hy na die vreugdes en die goedere van die wêreld streef, omdat hy heeltemal deur die wêreld ingetrek is.

`n Mens wat nog in die wêreld plesier vind, sal nooit sy gedagtes ernstig laat gaan oor die sin en doel van sy aardse lewe nie. Hy sal nooit sy innerlike lewe versorg nie, maar steeds net aan die buitekant aandag skenk. Hy sal die lewe met volle teue geniet en geen geleentheid laat verbygaan om genot aan die liggaam te verskaf nie, terwyl hy glad nie nie dink aan sy siel nie. En daarom kan hy homself nimmer positief ontwikkel, solank as wat hy te veel aandag aan die wêreld skenk nie, want dit is die doel van hom wat die siel ten gronde wil rig, wat meen om die mag en krag van God te beperk en daarom ook die mense van God te probeer vervreem.

En die mensdom volg hom gewillig na. Hulle verweer hulle nie, hulle weier nie, maar doen alles wat die teenstander van God verlang en hy glo om oersterk te wees in sy mag. Die wil van die mense self vergroot egter hierdie mag. Die mens lewer hulle oor aan die krag wat teen God gerig is, terwyl hy weerstand moet bied en dit ook kan doen, indien hy net sy gedagtes laat opstyg tot God en Hom om krag vra. Want dikwels genoeg word daar aan hom voorgehou wat hy nie moet doen nie en wat hy moet doen. Dikwels genoeg word sy eie lewenstaak aan hom bekendgemaak en word hy aangespoor om daaroor na te dink.

As hy dit nie doen nie, is dit sy skuld, want God laat dit waarlik nie aan geleenthede ontbreek waarin die mens tot insig van sy lewenstaak kan kom nie. As hy hierdie geleenthede laat verbygaan, dan moet hy daarvoor verantwoording doen, soos wat omgekeerd, genade op genade hom sal toestroom, indien hy poog om sy lewenstaak uit eie beweging te vervul, en hy sy gedagtes tot God laat opstyg. Want God gryp elke uitgestrekte hand vas, wat vraend na Hom uitgesteek word, terwyl Hy egter nooit die mens sal dwing om sy wil op Hom te rig, wanneer hy op Sy teenstander aanstuur nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205