BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ontvangs van ondenkbare betekenis - Doel van hierdie werk - Numeriese voorspelling

1086 `n Gewigtige werk sal met jou samewerking bereik kan word, en eendag sal die vreemdste menings rakende die oorsprong van hierdie werk gevorm word, en dit sal aanvaar word dat alle dokumente slegs geskryf kon word deur te konsentreer op `n spesifieke gedagtegang, wat `n spesifieke talent ontwikkel het en dat die werk geskep was as gevolg van hierdie geestelike konsentrasie en dat die werking van bonatuurlike magte slegs te danke was aan die skrywer se versteurde verbeelding. Die Heer is egter nou besig om iets voor te berei wat ook hierdie twyfelaars sal laat dink. Hy bepaal die numeriese omvang van hierdie werk se totale volume. Die eerste tweeduisend (2000) hoofstukke wat aangebied word, sal alles bevat wat nodig is om `n persoon genoegsaam te verduidelik, ten einde oningeligte mense te onderrig.

Maar daarna sal spesifiek voorbereide openbarings aan die werk gegee word, om die mense in te lig oor iets heeltemal nuuts en buitengewoon insiggewend, want almal wat hierdie openbaringe getrou aanvaar het, sal ook `n spesiale sending daarin herken, wat die skrywer se taak sal word. Die Heer Self sal Woorde dikteer wat nog nooit tevore aan die mensdom gegee is nie. Dit is die woorde wat die Heer aan sy eie in sy moeilikste uur gespreek het, maar wat nooit vir die wêreld toeganklik gemaak is nie, want tot nou toe het die mensdom nie oor die bevattingsvermoë beskik vir hierdie woorde nie. Jesus se aktiwiteit op aarde is aangeteken, maar nie Sy woorde wat so diep betekenisvol was dat selfs `n kundige gees dit nie kon inspireer nie, en instede daarvan moet die goddelike Heer en Verlosser alleen die Spreker van hierdie woorde wees.

En ten einde die oordrag te ontvang, is `n baie gewillige hart nodig, wie se enigste begeerte is om in staat te wees om die Verlosser binne haarself te aanvaar en wat al haar sintuie na hierdie heilige ervaring sal rig, en slegs onder hierdie omstandighede kan `n geskenk soos hierdie oorgedra word aan `n aardse kind. Hoe teerder hierdie hart klop vir die Verlosser, hoe duideliker en verstaanbaarder kan hierdie Woord aan haar meegedeel word, want dit vereis `n buitengewone bereidwillige en ontvanklike hart, sowel as absolute geloof. En sodra die oordrag aan die aardse kind gegee is, sal `n missie van so `n ongelooflike betekenis vervul wees, dat julle mense nie in staat sal wees om dit te beoordeel nie.

Hierdie werk sal vir eindelose tye bestaan en vir ewig getuig van God se oneindige liefde en goedheid vir Sy kinders en oor Sy verdraagsaamheid, geduld en barmhartigheid. Nadat dit klaar is, sal die stryd teen die goddelike Woord begin, en dan sal dit duidelik word en geopenbaar word dat niemand hierdie goddelike Woord sal kan weerlê nie. En dit sal gewilliglik aanvaar word waar daar voorheen nog opposisie daarteen was. En so sal hierdie werk onder die mensdom plaasneem en krag en barmhartigheid oordra aan almal wat hulle nie afsluit vir hierdie openbaringe nie en dus vrywillig God se barmhartigheid wil ontvang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205