BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verwarde denke - Genade - Ongeloof - Geloof

1894 Die verklaring van die mens se ongeloof is in hul verwarde denke te vinde. Wanneer die mensdom hulle aansluit by `n bepaalde geestelike rigting wat heeltemal verkeerd is, in vergelyking met die suiwer leer van Christus, dan is dit `n misleide denke, wat des te meer verreikende gevolge sal hê, hoe minder dit met die waarheid ooreenkom.

Gedagtes wat teenoorgesteld is aan die waarheid, sal van die regte geloof af weglei en `n goeie bodem berei vir ongeloof. Die ongelowige mens sal daarom geen heldere gedagtes kan opneem nie, maar sprongsgewys nou eers dit en dan weer die ander glo, d.w.s. as waarheid beskou, want sy gedagtegang is te verward. Die waarheid sal hy waarskynlik nie as waar insien nie en sodoende is so `n toestand weinig bevredigend, want dit gee die mens geen geestelike vooruitgang nie, maar verontrus hom voortdurend en laat hom nogtans lank in sy opvatting volhard. Hy sal by die suiwere waarheid verbygaan, want hy sluit God uit. Hy sal dus deur eie denke en uit eie krag die onbegryplike vir hom probeer deurgrond en sy denke sal derhalwe op verkeerde weë gaan, oftewel, sy wil om die waarheid te ken, is nie sterk nie en daarom kan dit ook nie aan hom gegee word nie, terwyl die helderste wysheid daarenteen na die mens gestuur kan word wat terwille van die waarheid self na insig verlang.

Geloof en ongeloof het `n teenoorgestelde basis. Om te kan glo moet die mens in `n kinderlike verhouding tot God staan, hy moet hom sonder beperking oorgee aan die ewige Godheid, hy moet homself as klein en onbeduidend beskou en in die ewige Godheid `n Wese van hoogste volmaaktheid sien. Dit is geloof!

Die ongelowige ontken egter alles. Hy beskou homself skrander en wys en is daarom nie toeganklik vir onderrig nie, hy sal hom nooit aan `n hoër Wese onderwerp nie, omdat hy die bestaan van die Wese verloën. Hy voel homself dus hoog verhewe.

En so is die basis heeltemal verskillend. Die denke van die gelowige mens is helder en regverdig, terwyl die ongelowige mens se gedagtes geen orde het nie en ook tot geen korrekte gevolgtrekking kan kom nie, want `n mens wat hom verhewe beskou, kan ook nooit die helderheid van gees ontvang nie, want hy bid nie vir genade nie en dit kan hom daarom nie geskenk word nie.

Sonder die goddelike genade kan die mens egter nie korrek dink nie. Maar dikwels is die wil van die mens te swak om by God Self hulp te soek en sodoende sal hy in onwetendheid ronddwaal totdat hy egter die helderheid van gees in gebed vra en dan deemoedig van die goddelike genade gebruik maak. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205