BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die uur van die dood

1798 Vir baie mense het die uur van die dood `n onderwerp van uiterste angs geword, hulle is bang daarvoor en deins terug vir elke gedagte daaraan en dit is altyd `n teken van die gebrek aan volmaaktheid van die siel. Onbewustelik ervaar die siel haar gebrekkige toestand en sien sy ook die liggaamlike dood as die einde van haar aardse loopbaan. Sy voel instinktief dat sy die lewe op aarde nie juis benut het nie en daarom is die gedagte aan die dood vir hierdie mens afskrikwekkend. Die onsekerheid na die dood verontrus hom, hy is vol twyfel oor `n voortbestaan hierna, maar tog is hy ook nie heeltemal daarvan oortuig dat die lewe definitief verby is nie. En dit is juis hierdie onsekerheid oor die “hiernamaals” wat die mens angstig maak vir die uur van afskeid van hierdie wêreld.

Hoe meer volmaak die mens is, des te minder hinder die gedagte aan die dood hom en dit kom voor uit die wete dat die eintlike lewe eers na die liggaamlike dood begin. Die maklike opgee van die aardse lewe is die voorwaarde vir toegang tot die Ligsfeer, want die mens is dan nie meer gebonde aan aardse goedere nie, want hy het die materie oorwin.

Alles wat die mens op aarde agterlaat, is aardse goedere wat nie meer begeer moet word nie, maar moet graag en met vreugde opgegee word. Alles wat die mens as kosbaar beskou op aarde, moet hy moeiteloos kan opgee, dan is sy skeiding van die wêreld maklik. Daar moet niks wees waaraan die mens hom heg nie, anders sal sy loskom van die aarde altyd `n stryd wees. En daarom moet elke begeerte vroegtydig oorwin word, omdat die dood elke oomblik op die mens kan afkom en hom sal verras.

Die verlange na God is net so deurslaggewend vir die liggaamlike einde van die mens, want wie na God verlang, is gelukkig wanneer sy aardse lewe verby is. Geestelik sal hy hom al in ander gebiede bevind en hy sal verlang na die uur wat hom definitief daarheen sal bring waarna die gees verlang, naamlik sy ware Vaderland. En daarom kan die uur van die dood vir die een wel bangheid, angs en vrees beteken, maar vir die ander `n gawe van dit wat hy al lank oor gedroom en gehoop het. Dit is vir hom die uur van bevryding uit elke vorm en beteken vir hom die ingaan in die ewige Ryk, in die ewige Heerlikheid.

En wat die mens as die dood beskou, kan vir hom die ingaan in die ewige lewe wees, wanneer hy die aardse lewe bewustelik, d.w.s. met God, geleef het en dus volmaak geword het vir die lewe in die ewigheid. Dit kan egter vir hom ook werklike dood beteken en dan bespeur die siel dit en sy deins terug vir hierdie uur, wat egter onvermydelik sal kom wanneer die tyd van die aardse lewe, wat God vir die mens vasgestel het, verby is. En daarom moet elke mens stilstaan by die uur van sy dood en met die oog hierop sy aardse lewe bewustelik lewe, d.w.s. werk aan sy siel, sodat hy die graad van volmaaktheid kan bereik, wat `n maklike en pynlose oorgang van die aarde na die ewige Ryk waarborg. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205