BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 276

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Worsteling in die hiernamaals - herhaalde beliggaming op aarde?

2336 Dit is van die grootste belang hoe die lewe op aarde benut word, want sodra dit eindig, begin daar `n heeltemal ander worsteling om opwaarts te klim as wat dit vir die siel op die aarde beskore was. Die lewe op aarde lewer voortdurend krag op, wat sy na willekeur kan gebruik, terwyl die lewe van die siel in die hiernamaals eers met krag geseën word wanneer die siel `n bepaalde graad van volmaaktheid bereik het, maar voor dit was die toestand van die siele heeltemal kragteloos, totdat hulle hierdie graad van volmaaktheid bereik het. En hierdie laaste toestand is nou bitterlik swaar en sou ook heeltemal onmoontlik gewees het as God se genade haar dan ook nie tegemoet sou kom in die vorm van ligstrale wat haar oomblikke van insig gee om die verlange na lig in die siel op te wek. Weer en weer probeer God net om die wil van die siel te verander en haar dan ook die moontlikheid te gee om die wil te verwesenlik.

Die voorwaardes in die hiernamaals is egter heelwat moeiliker om na te kom, want `n kragtelose siel is ook so swak van wil, dat dit groot inspanning en geduld van die kant van die ligwesens verg om hierdie siel daartoe te beweeg om haar wil self aktief te laat word.

Maar nooit sal `n siel in haar stadium van duisternis na die aarde terugverlang om haar mislukte lewenswandel op aarde te wil goedmaak nie, om dit dus af te lê volgens haar eintlike taak op aarde nie. Want hierdie wil sou die siel slegs `n herhaalde verblyf op aarde gegee het. Maar die wil van die onvolwasse siel gaan slegs uit na die materiële lewe op aarde, egter nooit na geestelike vooruitgang nie, want as dit eers aktief geword het in haar, dan weet sy ook dat slegs die diening in liefde haar vooruitgang sal bevorder en daarvoor het sy in die hiernamaals waarlik genoeg geleentheid. Want daar is `n enorme arbeid wat verrig moet word, naamlik om lig in die vorm van kennis aan die siele te bring. Dit is die werke in die hiernamaals wat die mens op aarde nie kan verstaan nie en wat tog bitter belangrik is.

Wat op aarde versuim is, moet in die hiernamaals ingehaal word. En soos wat die geestelike hulp aan sy medemens op aarde `n daad van liefde is, so is ook die taak van die siele in die hiernamaals `n ononderbroke werksaamheid in liefde, `n voortdurende uitdeel van wat die siele kort, naamlik `n uitdeel van lig en kennis aan die siele wat in duisternis vertoef. Hierdie bemoeienis verg die vrye wil, net soos op aarde. Die siel moet bereid wees om dienend besig te wees, dan gaan sy in haar ontwikkeling vooruit. As sy eenmaal die willoosheid oorwin het, dan sal sy vlytig aan haarself werk. Sy sal ook wel in diepe berou dink aan die onbenutte tyd op aarde, maar sal nou `n arbeidsveld voor haar sien wat haar hele bereidwilligheid om te help vereis. Die siel dink nou meer aan die lydende siele rondom haar as aan haar eie toestand. En nou eers vervul sy haar taak met oorgawe en haar eie toestand word steeds meer met lig vervul, omdat sy nou lig en krag ontvang om dit deur te gee. Maar as sy eenmaal `n ontvanger van lig en krag geword het, dan verlang sy nooit meer terug na die aarde nie, tensy daar op aarde `n taak volbring moet word wat die beliggaming van `n ligwese op aarde vereis.

Steeds moet daar in aanmerking geneem word dat alle insig die siel ontbreek in haar toestand van duisternis, omdat sy haar geestelike ontwikkeling op aarde verwaarloos het. Maar as sy dit insien, dan sien sy ook die geleenthede in in die hiernamaals, wat haar opgang verseker. `n Herhaalde beliggaming op aarde sou die siel egter slegs toegelaat word wanneer sy dit sou begeer in volle bewustheid van haar onvolwasse toestand en met die doelwit van `n heeltemal volmaakwording van die siel; wanneer die vrye wil haar dus tot `n herhaalde lewenswandel oor die aarde sou aanspoor om `n toestand van vergrote volmaaktheid te verkry. Maar dit veronderstel reeds `n bepaalde kennis, dus ook `n bepaalde graad van volmaaktheid, dus `n werksaamheid in liefde, wat die siel aanspoor om deel te neem aan die verlossingswerk in die hiernamaals, omdat sy insien dat alle krag dringend nodig is daarvoor en dat sy nou haar liefde gewillig in diens stel van die verlossingswerk. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205