BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 338

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verwoestings deur menslike wil

2785 `n Algemene moedeloosheid sal hom van die mense meester maak by die aanskoue van die verwoesting wat die menslike wil sal verrig. Daar sal `n tyd aanbreek waarin niemand meer seker sal wees om goed te besit of te behou nie. En ook dit is `n teken van die eindtyd, dat die mense ernstig vermaan moet word om die goedere van die wêreld te verag, om slegs geestelike goedere na te streef en hulle voor te berei op die einde, wat vir almal so naby is.

Dit sal `n angstige tyd wees. En die mense sal amper nie meer hul wil kan inspan om hul lewe te omvorm nie, omdat hulle die verganklikheid sal insien van alles waarmee hulle begin. En die lewe sal vir hul ondraaglik lyk. Maar met die oog op die nabye einde sal hierdie toestand van lyding nodig wees vir die mense, wie net daardeur tot die insig kan kom dat die aardse lewe nie die belangrikste doel van bestaan is nie. Elke skepsel sal die stryd gedurende die eindtyd aan die lyf voel. Want ook in die diere- en planteryk het dit sy uitwerking en `n steeds vinniger omvorming sal die gevolg daarvan wees.

En ook sal die mens hul aardse bestaan vroeër beëindig, deels deur die werke van vernietiging, wat deur die menslike wil ontstaan het en deels deur goddelike ingryping wat ook talle menselewens sal eis. Maar al hierdie slagoffers moet die oorlewendes weer tot insigte bring. Hierdie laastes moet bewus gemaak word van hoe vinnig die dood die lewe kan beëindig, sodat hulle aan hul siele sal dink en aan die lewe na die dood. Die dood moet aan die mense verklaar word, omdat hulle andersins die aardse lewe as sodanig te hoog sal waardeer en daardeur in gevaar kom om die eintlike doel van hul lewe op aarde te vergeet.

En dit verg uitermate pynlike gebeure, want die mense gaan gevoelloos by leed en ellende verby as dit nie buitengewoon groot en oorweldigend is nie. Die mense kan nog nie reg van onreg onderskei nie. Hulle dink slegs aan hul eie voordeel en noem alles goed wat dit aan hulle gee. En aan die naaste en sy nood dink hulle nie.

En so kry die teenstander van God `n oorwinning, deurdat hy op sy ergste manier van doen nog nie herken word nie, maar instemming en toegewendheid ontvang. Maar solank die mens nie insig verkry dat hy deur bose kragte beheer word nie, solank hy die werksaamheid daarvan nie verafsku nie, sal hy nie die regte pad vind nie.

En daarom moet die onreg so naby gebring word. Hy moet dit aan sy lyf voel, dit wat liefdeloosheid voortbring. En hy moet homself deur sy eie leed verander. Hy moet wegdraai van die gedrag van die mensdom, wat onder die invloed van die Satan is. En hy sal dit eers doen wanneer hy die nietigheid insien van aardse goedere, waaruit slegs begeertes en bose eienskappe voortkom, wat lei tot die grootste misdade. Want dit is slegs aardse goed, waardeur die mense die grootste leed aan hulself doen.

Dit sal nie meer lank duur voordat alles aan ondergang prysgegee gaan word nie. En hierdie kort tyd sal nog `n tyd van bitterlike leed wees vir die mensdom, omdat hulle ver daarvan af staan om hulle voor te berei en so min aan die lewe na die dood te dink. Maar God sal alle middele aanwend om hulle gedagtes daarop te rig. En dus sal Hy dit toelaat wat die menslike wil nastreef, om die mens nog te red, deurdat Hy die verganklikheid van aardse goed aan hulle sal voorhou, asook van die lewe van die liggaam en sal hulle daardeur tot insig bring. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205