BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 509

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die proses van verlossings - Ewighede – Hel - Verdoemenis

3619 Dit verlossingsproses van die gees duur solank as wat die gees self daarvoor nodig het. Dus kan daar nie van dieselfde tydsduur gepraat word nie, maar elke wese bepaal dit self, deur die hardheid van sy weerstand, deur sy wil om homself te laat verlos. En daarom kan daar ewighede verbygaan, voordat hierdie proses voleindig is en daar mag verskeie verlossingsperiodes hiervoor nodig wees, maar daar kan ook net een tydperk wees wat toereikend sal wees vir die verlossing van die gees, sodra hy self gewillig is en die verlossing in die laaste stadium bewustelik sal nastreef.

Dit laaste stadium kan vroeër of later in `n verlossingsperiode deurgemaak word deur die gees, want ook hier is die wil van die gees in gebonde toestand deurslaggewend, ofskoon sy wil nie vry is nie. Die wese moet wel sekere aktiwiteite verrig, maar kan nie teen die goddelike Wil ingaan nie. Maar hy kan hierdie taak gewilliglik nakom, hy kan self streef na `n losser maak van sy kettings en dan sal hy nie so `n lang tyd nodig hê vir sy positiewe ontwikkeling in die "jy moet" toestand nie en kan hy des te gouer die laaste stadium van wilsvryheid binnegaan, waarin hy finaal sal moet kies of hy in liefde en uit vrye wil bereid sal wees om diensbaar te wees, of sal terugval in sy weerstand teen God.

En daarom kan `n wese wat in die voorstadium vinnig opwaarts geklim het, deur `n onbenutte lewe op aarde as mens die verlossingsproses self langer maak, terwyl hy dit dan in die ryk hierna sal moet voortsit onder aansienlik moeiliker omstandighede. In die geesteryk kan daar weer ewighede verbygaan, voordat hy die ligryk sal kan binnegaan. Ook bestaan die moontlikheid dat hy dieper kan wegsink en uiteindelik weer die gang deur die skepping sal moet gaan met gebonde wil, dat daar dus `n tweede verlossingsperiode nodig sal wees en ook dalk meer vir hierdie wese, om eendag sy doel te bereik.

`n Gees wat met harde weerstand teen God volhard, sal `n heelwat langer tydsduur nodig hê vir sy verlossing. Hy sal in harde materie vasgehou word en sal ewighede nodig hê vir sy positiewe ontwikkeling in die "jy moet" toestand, maar ook dit sal eenmaal lei na die laaste stadium as mens, waarin hy die laaste wilsproef sal moet aflê. Ook dan bestaan die gevaar van `n stilstand of agteruitgang, maar ook die moontlikheid van `n volkome verlossing.

Maar die laaste sal voorwaardelik steeds kleiner word, hoe verder `n verlossingsperiode gevorderd is. Kennelik is die weerstand teen God nog nie gebreek nie, ondanks die eindelose gevangenskap vooraf. Dit blyk uit die lae geestelike vlak van die mensdom, uit hul ongeloof en uit `n lewe sonder verbinding met God. Maar die mense wat in hierdie tyd tog hulle doel bereik, moet ’n baie sware stryd verduur as vergoeding vir hul eindelose lang weerstand vooraf, maar kan ook uitermate baie krag en genade verwag van die kant van God, wat die wese sal bystaan in oorgrote Liefde om hom na die doel te lei.

Maar die wese wat faal, sal onherroeplik nogmaals die ontwikkelingsgang moet deurgaan, sonder dat hy die geleentheid gebied word om in die hiernamaals volwasse te word, want hy het nie die volwasse graad bereik wat vir `n positiewe ontwikkeling in die hiernamaals vereis word nie. Hy is baie meer in die mag van Satan, dus al sovêr weggesink, dat alleen nog die binding in vaste materie – naamlik `n volgende gang deur die skepping in die toestand van "jy moet" - die wese sal kan help om die groot afstand na God te verminder en sodoende ook die totale kragteloosheid, wat die gevolg van sy verwydering van God is. En so is dit moontlik dat verskeie ontwikkelingsperiodes nodig sal wees om `n wese na die doel te bring.

En daarom word daar ook van die ewige verdoemenis gepraat, van hel en dood, omdat dit tydperke is wat na menslike gevoel ewighede duur, wat die verstand van die mens met sy begrip van tyd nie kan verstaan nie en wat daarom ook die erbarmende Liefde van God duidelik maak, waarmee Hy te alle tye op die mense probeer inwerk en in die besonder in die tyd van die einde, om hulle van so `n herhaalde gang oor die aarde te bewaar, om hulle te bring in die toestand van volwassenheid, wat `n ingaan in die ryk hierna moontlik maak om die ontwikkeling daar voort te sit. Want eendag sal die tyd uitgeloop wees wat God die gees toegelaat het om homself te verlos en `n nuwe tydperk sal begin volgens verlossingsplan van ewigheid, wat aan al die gebeure ten grondslag lê en wat slegs die verlossing van die onvrye gees ten doel het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205