BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 379

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Einde van `n verlossingsperiode

3150 Julle mense het al `n onvoorstelbare lang ontwikkelingstyd agter julle en nou staan julle kort voor die einde van `n periode, wat aan julle gegee was om julleself te voltooi. Die aardse lewe as mens is die afsluiting van `n ontwikkelingsperiode, maar nou spoed alles na die einde, want die aarde sal nie in sy huidige vorm bly bestaan nie. Sy sal `n totale verandering ondergaan, omdat die menslike geslag, wat tans die aarde bevolk, sy taak om homself te ontwikkel, nie meer nakom nie en dus het die aarde in haar huidige vorm nutteloos geword en daarom moet sy `n hervorming beleef, sodat nuwe moontlikhede weer geskep kan word as blyplek vir die gees, wat die aarde onvoltooid verlaat het en daarom weer in die skeppings van die nuwe aarde verban gaan word. Die eindelose lang ontwikkelingstyd vir die beliggaming as mens, was vir hulle waardeloos omdat hulle gedurende die laaste stadium gefaal het.

Die oneindige Liefde van God het die wesens nog in die hiernamaals die moontlikheid gegee om hulself te ontwikkel, sodat hulle daar nog volwasse kan word, al is dit ook onder baie moeiliker omstandighede as op die aarde. Maar nou gaan `n verlossingsperiode sy einde tegemoet en dit beteken `n afsluiting, ook vir die wesens in die hiernamaals se verleende geleenthede om volwasse te word. Want die mense van die eindtyd sal by hul afsterwe nie meer die graad van volwassenheid hê om in die sfere van die hiernamaals opgeneem te kan word nie, tensy die Barmhartigheid van God hulle vroeër wegroep, in `n tyd van die grootste nood en rampe, wat aan hulle die besef van `n ewige Godheid nog voor hul dood kan gee.

Maar die laastes sal hulleself heeltemal van God afgewend het, hulle sal verhard wees en nie toeganklik wees vir onderrig nie, daarom ook nie vatbaar vir verbetering nie. En die moontlikheid om hulself positief te ontwikkel, sal van hulle af weggeneem word, deurdat die fisiese lewe van hulle afgeneem sal word en die gees in hulle weer opnuut in vaste vorm gekluister sal word. Wat dit beteken, sal slegs verstaan word deur hom wat op hoogte is van die eindelose lang gang wat die gees deur die skepping moet aflê. En ook hy kan dit nie eers by benadering voorstel nie; nie alvorens hy die ligryk ingegaan het en sy eie ontwikkelingsgang ken nie. Maar God het die wesens oorvloedig tyd verleen om hulself te verlos, wat hulle egter nie gebruik het om nader aan Hom te kom nie, maar eerder vir nog groter verwydering. En vir sulke wesens is daar geen vooruitgang meer op hierdie aarde nie, maar veeleer slegs `n voortdurende agteruitgang, waarvan die einde die kluistering in die vaste vorm moet wees. Die mense is nou so onkundig en verhard, dat hulle die eindtyd nie ken nie, dat hulle glad nie bekommerd is oor waarheen die geestelike lae vlak gaan lei nie, omdat hulle al die geestelike verwerp het en maar nog net aan hul aardse lewens aandag skenk. En daar moet `n einde aan hierdie toestand gemaak word, die mensdom moet eers met geweld gewys word op die einde. En as dit ook geen resultate gaan oplewer nie, sal hulle die ondergang tegemoetgaan. Dus sal die aarde, tesame met haar bewoners, `n proses van totale verandering moet deurgaan, deurdat die aarde heeltemal nuut aan haar buitekant gevorm gaan word. Die mense sal ook `n totale verandering van die uiterlike vorm ondergaan, naamlik dat die vleeslike omhulling van die wesens gaan wegval en dat vaste materie dit nou weer gaan omsluit, wat hulle van alle wilsvryheid gaan ontneem en dat hulle nou weer vir eindelose lang tye gekluister sal wees.

Alhoewel dit aan die mense bekend gemaak gaan word, sal hulle nie hul lewenswandel verander nie, omdat hulle nie sal glo nie, en sal deur hulle liefdelose lewe in `n volslae duisternis van gees en totaal verkeerde denke versink. Die mens kan slegs deur liefde tot insig kom en as hy dit nie het nie, is hy blind van gees en ontoeganklik vir elke denkbeeld. Maar God maan en waarsku die mense onophoudelik en as hulle aandag sou skenk aan die tyd en die gebeure daarvan, aan die stemme wat vir hulle die liefde predik, sou hulle ook agterdogtig geword het en begin nadink oor hierdie aankondiging. Maar die Satan het hulle in sy mag en hulle het nie die wil om hulle van hom los te maak nie. En daarom sal die einde onherroeplik aanbreek, want die verlossingsperiode sal binnekort uitgeloop wees. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205