BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Goddelike glans van die son - Lig en liefde

237 O, My kind, as jy jouself net altyd sonder huiwering aan jou Verlosser oorgee, sal daar vrede in jou hart wees, en jy sal vry word van alle probleme wat jou belas. Jy sal jouself ophef deur Sy liefde, dit is nie die Heer se wil dat jy moed verloor nie. Ook wil Hy nie hê dat jou gees moeg word nie, daarom gee Hy jou weer troos en krag deur sy woorde. Alle heerskappy en aktiwiteit in die natuur ontstaan uit God se ontsaglike liefde, dit is soos `n konstante uitstraling van lewegewende lig wat almal op aarde en in die heelal beïnvloed. En ten einde alle wesens te vorm volgens God se wyse wil, laat God voortdurend die lig skyn. As die oneindigheid van die kosmos jou bangmaak en jy bewus raak van jou eie nietigheid, moet jy tog nie toelaat dat twyfel in God se liefde en Sy sorg vir elke enkele wese in jou ontstaan nie. Net soos wat die lig van die son die aarde verlig, en alles wat op die aarde bestaan, verwarm en besiel, dit die plante laat gedy en helderheid en warmte aan alle lewende skeppings op aarde bied, dit is ook hoe talle ander sonne hul lig uitstraal, sodat die heelal onderhewig is aan die goddelike glans en hierdie lig sal nooit uitgaan nie, want die hemelse Vader Self is die Lig waaruit alle lewe ontstaan. Die Lig is nimmereindigend en nimmereindigend is die liefde. Beide is die toonbeeld van God en sal vir alle ewigheid bestaan.

God in Sy oneindige liefde en goedheid het Sy wesens in die lig geskep, en daarom sal elke wese ook streef na die lig, en enigiemand wat in die lig woon, is op pad na bo. Enigeen wat na God draai met die begeerte om goddelike lig, sal omring word deur helder lig, want slegs die wil om terug te keer na die oorspronklike toestand, sal jou nader daaraan bring. Elke saailing probeer om deur die grond te breek en om in die rigting van die lig te draai. In die dierelewe is die begeerte na lig net so oorheersend. Moet die mens dan in die duisternis bly en nie na die Vader van alle lig draai nie?

En tog moet die mens `n groot stryd voer teen vyandige magte wat graag sy begeerte na lig in hom wil blus. Hul doel is om die mens se gees te omvou in uiterste duisternis en die ware doel van die lewe weg te steek, ten einde groter beheer oor die mense te kry en hulle te verwyder uit die sfeer van lig, waarna hulle onbewustelik streef, en om hulle af te trek in die ewige duisternis in.

God se liefde en sorg gaan voortdurend oor hierdie aardse kinders wat deur die duisternis bedreig word. Die mens is `n wese sonder `n wil van sy eie as hy eers onderworpe is aan die beheer van die duisternis. Sonder goddelike hulp sal hy nooit in staat wees om homself vry te maak van hierdie beheer nie. Dit is die rede waarom so baie geestelike magte by hom geplaas word sodat geen aardse kind sonder waarskuwing aan hierdie lot oorgelaat word nie. Net soos wat die teenstander die aardse kinders aan die een kant beïnvloed, so beïnvloed die liefde van edele geestelike wesens hulle aan die ander kant en veg vir die siel.

Dit is maklik vir die aardse kind as hy homself net effens oorgee aan die positiewe kragte, want die krag van die goeie, die krag van liefde, is onvergelykbaar sterker as die krag van die bose. Maar die mens word dikwels so mislei, dat sy wil, wat hom na die hemelse Vader moet lei, dikwels juis in hierdie geval faal, en sy wil is weer so sterk dat hy sonder `n tweede gedagte aanvaar wat die teëstander hom bied. Daarom is dit ook sy eie verantwoordelikheid, want hy gebruik sy krag en wil, wat hy ontvang het om sy siel te bevorder, om van God af weg te val.

Jy, My kind, word deur die Heer benodig, werkers, wat bereid is om van diens te wees en toegewy is aan die Heer, sal diegene wat swak is help om die regte weg te neem, en deur die onderrig van onse Heer Jesus Christus, hul weg terugvind na die Vader. Dit is baie belangrik dat die kennis van die suiwer Waarheid aan mense oorgedra word en as gevolg van die langdurige konflik tussen die kerke, word die leer van Christus vir die mense op so `n manier aangebied, dat hulle dit deesdae skaars wil aanvaar.

Hulle beskou dit nie langer as `n opregte leidende beginsel wat deur God se liefde vir hulle aangebied word nie, maar baie dikwels glo hulle dat dit net `n tradisionele, menslik geskepte onderrig is wat skaars hul harte raak en wat hulle nie meer ernstig opneem nie, maar veel eerder wil verwerp. Dit is waarom die Vader Sy Woord in `n nuwe vorm aan hulle wil oordra, sodat hulle die goddelike liefde daarin sal sien en hul harte oopmaak vir die Stem van Bo.

Die Verlosser woon weer onder die mense. Hy sal altyd in die midde van julle wees wat Sy leringe verkondig, sodat julle doen wat julle leer. Hy sal julle help om die regte woorde te kies, en dus sal Sy Woord weer deurdring tot mense se harte en hulle sal almal, op hul beurt, mekaar liefdevol help, want almal sal ingelig wees en elke mens sal homself losmaak van die duisternis, so gou as wat hulle slegs `n klein straaltjie van die goddelike lig ontvang, aangesien die strewe na die lig sal voortgaan vir alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205