BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 308

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Salig is die armes van gees

2465 Hoe klein is die mens tog nie en hoe wys en magtig dink hy nie om te wees nie. `n Goddelike gawe verwerp hy en sy eie wysheid wil hy hoër stel. En hy dink nie daaraan dat ook die denke van sy verstand `n gawe van God is, wat hy egter misbruik as hy dit nie so gebruik dat hy kan leer om God te herken nie.

God is die Oorsprong, maar hy (die mens) slaan homself al te hoog aan, hy wil niks bo hom aanvaar nie, want andersins sou hy ook minder waarde aan sy wysheid geheg het wanneer hy dit gedoen het. Maar hy glimlag uit die hoogte as kennis vir hom aangebied word wat sy kennis ver te bowe gaan, hy glimlag omdat hy meen dat hy alles weet en homself dus ook bekwaam ag om `n oordeel te vel. En daarom kan hy nie in ware kennis toeneem nie, omdat die verlange nie in hom is nie.

En daarom deel God die wysheid uit aan diegene wat hulle gering en onwetend ag, wat hul kennis sou wil vergroot en wie `n Wese bo hulle erken wat van alles op hoogte is, dus ook van die geestelike armoede van Sy skepsels, wat Hy kan ophef.

En salig is die wat hulle arm voel van gees, wat geen wêreldse kennis hul eiendom noem wat hulle aanmatigend van gees maak nie, salig is die wat honger na die Wysheid van bo, wat uit die Bron wil put wat God Self geopen het, want alle mense het toegang tot hierdie Bron, maar geringskattend gaan die mensdom daar verby.

Dog die lewende water wat uit hierdie Bron stroom, is die kosbaarste wat die mens ter beskikking staan. Dit besorg aan hom `n skat wat alle aardse goedere ver oortref, want die Wysheid uit God is `n genadegawe wat die mens nooit meer sal wil ontbeer sodra hy dit eenmaal ontvang het nie. Die Wysheid uit God het ewigheidswaarde, die Wysheid uit God maak die mens onbeskryflik gelukkig en die Wysheid uit God gee krag om opwaarts te strewe.

Die wêreldse kennis daarenteen verbleek en is waardeloos, d.w.s. dit het slegs nut vir die tyd van die bestaan op aarde en lewer ook maar net aardse voordeel op. Maar geestelike kennis lewer weinig resultaat op vir die aardse lewe en tog sal die mens dit nie prysgee as hy dit eenmaal gevind het nie. En diegene wat dit afwys, bewys maar net hulle wêreldse ingesteldheid daardeur en hul geringe verlange na die waarheid, andersins sou hulle dit as `n kosbare geskenk herken het en sou hulle ook daarna gestrewe het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205