BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 398

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Tekens van die laaste dae – Geloofstryd - Chaos

3209 Om die tyd van die geestelike draaipunt aan julle mee te deel (te ken?) sal nie vir die mensdom bevorderlik wees nie, want akkurate kennis sou nadelig wees vir die vrye wil, want die mens sal homself dan gedwonge voel om sy lewenswandel te verander wanneer die bestemde tyd sou aanbreek. Dit is egter nie die wil van God dat die mense moet weet wanneer dag en uur gekom het wanneer Hy `n regverdige “vonnis” oor hulle uitspreek nie. Hulle sal slegs weet dat die einde naby is en aan die tekens van die tyd bewus word van die einde. Maar wanneer toegewyde mense Hom om opheldering vra, sal Hy hulle ook antwoorde gee wat nuttig sal wees vir die redding van hulle siele.

Die Laaste Oordeel word voorafgegaan deur die laaste dae, wat slegs `n paar maande sal duur en gekenmerk sal word deur `n buitengewone kragtige geloofstryd. Sodra hierdie geloofstryd baie openlik gevoer sal word, sodra alle geheimhouding geïgnoreer word en alle geestelike aspirasies prontuit en roekeloos aangeval sal word, sodra wette en dekrete uitgevaardig sal word wat mense se geestelike strewes sal verbied, sodra alle goddelike gebooie nie meer onderhou sal word nie, sodra alle gelowiges vervolg sal word en hulle geen regte meer sal hê nie, het die laaste dae hul finale fase binnegegaan en die Laaste Oordeel kan dan enige dag of enige uur verwag word. Maar voordat hierdie geloofstryd egter sal ontbrand, sal die mensdom hulself in `n geestelike en aardse chaos bevind en daar sal `n merkbare agteruitgang in elke opsig te siene wees. En hierdie agteruitgang sal geïnisieer word deur mense wat deur die Satan gedomineer word. Hy sal homself openbaar in aardse verwoesting en vernietiging, in liefdelose wette, in `n God-opponerende lewenswyse, in burgerlike ongehoorsaamheid en opstande teen regerende magte en in brutale verdrukking deur laasgenoemde, in die beperking van vryheid en in die vermyding van reg en geregtigheid.

Hierdie gebeurtenisse sal begin na `n geweldige aardbewing wat sal plaasvind volgens God se wil om `n konflik tussen nasies te beëindig, wat die mens nie sal kan eindig nie. Die mense wat geraak sal word deur hierdie aardbewing, sal `n verandering in hul gewone lewenswyse ervaar en dit sal `n tyd van ontsettende skaarste en die moeilikste lewensomstandighede wees, en alhoewel hierdie tyd gunstig sal wees vir die verspreiding van die goddelike Woord, sal dit tot geen herlewing lei vir die wêrelds-kerklike mag nie.

Die mense sal inderdaad baie gretig daarna streef om hulle aardse lewensomstandighede te verbeter, maar hulle pogings sal nie saamhang met geestelike strewes nie, ook nie met `n geloof in `n hoër Mag wat hulle tot verantwoording wil roep met die goddelike gebooie wat liefde vereis nie. Daarom sal alles wat inmeng met die terugkeer van die vorige goeie lewenstandaard, aangeval word. Dus sal die geloofstryd begin kort na die goddelike ingryping wat wêreldse gebeure in `n ander rigting sal stuur. Die gebeurtenisse sal mekaar vinnig opvolg, want dit sal verhaas word deur die lae geestelike toestand van die mens. En hierdie geestelike lae toestand sal herkenbaar wees aan hul liefdelose handelinge, aan hulle denke wat van die diepste verdorwenheid sal getuig. Die mense sal dade voorberei wat slegs satanies genoem kan word. En hieraan kan julle die oomblik in tyd herken wanneer die ingryping van God verwag kan word. Die wêreldgebeure self sal `n tydrooster wees vir julle, en deur die dade wat mense in staat sal wees om pleeg, sal julle kan sien dat hulle hulleself heeltemal van God verwyder het en dit sal die gedagte weerspreek dat hierdie menslike ras nog enige geestelike herlewing kan verwag.

Die mense wat gelowig by God sal bly, sal inderdaad hulle intieme verhouding met Hom verskerp, hulle sal in der waarheid Sy kerk wees wat vas sal staan te midde van alle ellende en beproewing, maar dit sal slegs `n klein groepie wees. Maar die wêreld sal God verloën en sal vyandig wees teenoor almal wat God ondersteun en hierdie geestelike nood sal die naderende einde kenmerk. Daarom, gee ag op die tekens van die tye, gee ag op die gedrag van die mensdom, op hulle afval van God en hulle voorkeur vir die wêreld, wanneer mense duidelik beïnvloed gaan word deur Satan, wanneer hulle aan hom verslaaf sal word en alles sal doen om die goddelike gebooie te verontagsaam, wanneer niks meer heilig vir hulle sal wees nie, nie die lewe van hul medemens of hulle besittings nie, wanneer leuens triomfeer en die waarheid vyandig behandel word, dan sal julle weet dat die einde nie meer ver is nie.

Dan kan julle die gebeure gadeslaan soos wat dit gaan ontvou en aan julle geopenbaar word, want dit sal plaasvind gedurende die leeftyd van `n man, by wyse van spreke, wat die verbrokkeling sal bespoedig, wie hulde sal bring aan die vernietigende beginsels, wie nie konstruktief aktief sal wees nie, maar destruktief aktief. En hierdie man se einde sal ook die einde van die wêreld wees, dit sal die einde van die wêreld in haar huidige vorm wees en die einde van daardie mense wie tans die aarde bewoon, wat apart is van hulle wat aan God behoort.

En nou weet julle dat daar nie meer baie tyd oor is nie, dat daar nie `n lang tydsperiode aan julle gegee word nie en dat die einde binnekort op julle sal wees. Daarom moet julle julleself voorberei en lewe asof elke dag julle laaste dag is, want julle weet nie wanneer julle teruggeroep sal word en of julle sal lewe om die einde van die aarde te sien nie. As julle egter nog as verdedigers vir God benodig word gedurende die tyd van stryd voor die einde, sal God julle gedagtes korrek lei sodat julle sal weet dat die tyd aangebreek het, die tyd van goddelike ingryping deurdat die kragte van die natuur ontketen sal word, ook die tyd van die geloofstryd en die tyd van die Laaste Oordeel. Dit is God se wil dat julle die mense hierop bedag sal maak, daarom sal Hy ook julle gees verlig en julle gedagtes lei op `n wyse wat julle korrek sal verstaan en dat julle slegs dit wat julle behoorlik verstaan het, sal oordra aan julle medemens. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205