BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 404

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dien of stry – Verskillende doelwitte van lyding

3230 In die stadium van wilsvryheid hoef die skepsel nie die teenstander van God te vrees nie, sou hy maar net in die liefde wil ingaan. Dan sal hy hom oorwin, omdat die teenstander van God heeltemal magteloos is teen die liefde. Dus kan die mens hom ook vrymaak van versoekings en verleidings, want dit het geen invloed op hom solank as wat hy in die liefde werksaam is nie. Maar laasgenoemde is egter afhanklik van die vrye wil van die mens en daarom is die mens self die rede van sy bestaan op aarde, wat beide `n voortdurende stryd of dienende liefde sal wees. God ken elke mens se hart en gee die mens wat hy benodig, maar Hy laat `n persoon ook kortkom as hy nie Sy hulp, Sy bemoediging en Sy raad benodig nie, want dan staan hy Hom innerlik teë en oefen daarom nie liefde uit wat `n God-toegewyde wil openbaar nie. God en Liefde is een en dieselfde en daarom is `n liefdevolle mens ook met God verbonde en sal superieur wees teenoor God se teenstander. Indien die mens gewillig is om aktief werksaam te word in dienende naasteliefde, dan sal hy nie so in die noute gebring word deur die versoekings van die wêreld nie, hy sal dit al in `n sekere sin oorwin het, wat egter nie die feit uitsluit dat hy leed sal moet verdra nie, omdat leed nie net die mense tot God moet bring wie se wil nog van God afgewend is nie, maar dit suiwer ook die mense wat daarna streef om by God te wees. Maar die leed word egter verskillend ervaar in hierdie twee stadia. Eersgenoemde verset hom nog daarteen, omdat hy hom nog nie wil buig onder `n Mag Wie hom in die genietinge van die lewe beperk nie. Hy begeer nog die wêreld en voel elke leed as `n benadeling, as `n onvoldoende genot van die lewe en dus as `n dwang wat hy nie wil aanvaar nie. En dit kan baie leed benodig voordat hy homself sal oorgee en so `n stryd is die werk van die teenstander, wat nog steeds die wêreld en haar vreugdes gebruik om die mens vir homself te wen en wat voortgaan om alles voor sy oë te plaas ten einde sy begeerte daarna te versterk om hom dus daardeur van God te vervreem. Maar as die mens egter aktief hulpvaardig is, dan sal die leed slegs dien om hom volmaak te maak, om volwassenheid van sy siel te bereik en dan sal die teenstander van God weinig mag oor hom hê, want dan sal hy hom afwend van die wêreld en deur sy leed sal hy hom steeds digter by God aansluit.

Hierdie onderskeid moet herken word wanneer die verskillende soorte lyding oorweeg word, wanneer goeie en slegte mense daardeur geaffekteer word, mense wat nog heeltemal van God afgewend is en diegene wat die leed skynbaar nie meer nodig het om Hom te vind nie. Elke keer sal die leed `n ander doel dien, maar die eintlike doel is die volledige vereniging met God. Die grootste gevaar vir die mens is sy geneigdheid na die wêreld en sy eie liefdeloosheid, want dan is hy nog heeltemal verslaaf aan die een wat hom wil vernietig. En dan het hy streng opvoedingsmiddele nodig om te verander. Eers wanneer die geneigdheid na die wêreld afneem, kan die liefde in hom ontbrand en kan die leed dan ander vorme aanneem, maar kan hom nie egter nie heeltemal gespaar word, solank as wat die siel nie volledig gereinig is nie.

Daarom is die beoefening van naasteliefde deurslaggewend vir die graad van sy ontwikkeling, dit is `n deurslaggewende faktor vir die intensiteit van sy leed, want waar liefde ookal beoefen word, dus waar God Self teenwoordig is, daar sal die leed meer draaglik wees, want die mens sal die uitstraling van God se krag kan ontvang en daarom sal die leed hom nie soveel terneerdruk nie: Hy hoef dit dus nie meer te bestry nie, maar moet dit net verdra en wag op die hulp van God, Wie alle leed van hom sal verwyder wanneer die tyd reg is daarvoor. Die mens moet hulpvaardig wees of veg, alles in ooreenstemming met sy wil en sy vermoë om lief te hê. Om te dien sal vir hom maklik wees, maar om te veg sal groot krag verg as hy nie gaan oorgee aan die mag wat alles in sy vermoë sal gebruik om hom in die duisternis in te trek en wat sal voortgaan om `n invloed uit te oefen op die mens solank as wat hy sonder liefde lewe, want dan is hy nog ver verwyderd van God. Slegs liefde sal hom bevry van hierdie mag, slegs liefde sal hom sterk maak, want nou sal die mens met God verenig wees en sal hy sy krag om die teenstander te verslaan van Hom ontvang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205