BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 447

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die doel van God se openbarings

3377 God openbaar Homself aan mense om goddelike waarhede aan hulle beskikbaar te stel, deur `n persoon deur wie Hy spreek tot alle mense. Hy maak Homself bekend aan hulle, d.w.s. Hy druk Homself so deursigtig uit dat `n persoon, indien hy gewillig is, ’n diep geloof in `n Wese kan kry wat uiters volmaak, vol van Liefde, Almag en Wysheid is en wat, as skeppende krag, in die nouste verband met sy lewende skeppings is. Sy openbaringe maak dit baie duidelik, maar dit is vir die mens om dit te glo al dan nie, en om hierdie rede dra Sy openbaringe slegs oor wat hulle moet glo, maar dit sal egter nooit aan hulle bewys word sodat hulle dit moet glo nie.

Dit word heeltemal aan hulle wil oorgelaat, of die kennis aan hulle oorgedra, hul innerlike oortuiging sal word en of hulle daardeur gelowiges sal word. En daarom word God se openbarings so aangebied dat hulle nooit godsdienstige dwang sal aandui nie. Dit kan sekerlik as goddelike openbarings herken word wanneer die mens opreg na waarheid sal soek, d.w.s. na God soek, maar dit kan ook afgemaak word om menslike denke te wees, en `n persoon is heeltemal vry om sy eie gedagtes daaroor te hê. Maar omdat geloof in God noodsaaklik is, ten einde omhoog te klim, sal God Homself weer en weer openbaar om mense kennis te gee oor Homself, oor Sy heerskappy en werke. En Hy doen `n beroep op die mens se intellek om hierdie ontvange kennis geestelik te verwerk en daardeur tot die regte geloof te kom. Want sodra die persoon ooreenkomste ontdek wat in harmonie is met God se natuur, d.w.s. wat God se Liefde, Wysheid en Almag toon, sal hy dit wat vir hom aangebied word, as geloofwaardig aanvaar. En dan sal hy poog om sy eie verhouding met hierdie uiters volmaakte Wese aan te gaan.

En dit is die doel van God se openbarings, sodat mense wat op soek is na Hom, die regte weg sal neem en Hom sodoende sal vind. Hulle moet in staat wees om uit oortuiging te glo en dit behels dat hulle die kennis wat aan hulle oorgedra word, geestelik sal verwerk en dit as gevolg daarvan as die waarheid erken. Want wat God van mense verwag om te glo, moet vir hulle toeganklik gemaak word in een of ander vorm. Maar God kan nooit openlik met hulle praat nie, want dit sal nie geestelike vryheid wees nie, maar dwang, wat mense nie in staat stel om `n hoër graad van volwassenheid te bereik nie.

Alhoewel dit sekerlik `n oortuigende bewys sou wees, sou dit nogtans waardeloos wees, want dan sal die persoon in `n God-welgevallige lewenswyse ingedwing word, maar dit kan slegs die gevolg van `n diepe liefde vir God wees. Want slegs liefde kan lei tot hoër sfere, maar die liefde moet uit die hart ontstaan, in absolute vryheid van wil, as dit goddelik moet wees en na God lei. Liefde is ook die sleutel tot wysheid, want slegs `n liefdevolle persoon sal die waarheid herken, en dit is waarom net `n liefdevolle persoon in staat sal wees om ware geloof te bereik. Maar God verkondig liefde deur Sy Woord, en alles wat Hy deur Sy Woord aan mense verkondig sal dus ook vertrouend aanvaar moet word as die liefde nie uitgesluit is nie. God openbaar Homself dus om mense op te voed om lief te hê, ten einde hulle te laat glo dat Hy naby aan hulle kan kom met Sy gawe van genade, wat ten doel het om hulle te help na geestelike vooruitgang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205