BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dood in God - Rou - Arme siele - Gebed

470 Dit is `n salige dood om in die Heer te ontslaap en in die hiernamaals te ontwaak in `n oorvloed van lig. Wat julle in die lewe beskore is, sal baie makliker te dra wees, as julle dit aanneem met die oog op die ewigheid, want dan lewe julle as te ware net daarvoor. Weet ook dat al die lyding, as julle dit aan die ewigheid meet, maar `n kort tydjie is, maar dat julle `n ewigheid lank van die vrugte van hierdie lyding mag geniet. Laat dit julle altyd tot troos wees, dat julle einde salig kan wees en die binnegaan in die hemelse ryk nog baie saliger.

Julle begrawe julle dooies en ween oor hulle en tog sou hierdie dag vir julle `n dag van innerlike vreugde gewees het, as julle sou dink dat die siel die aardse lewe ingeruil het vir `n baie mooier lewe en dat die mens van alle lyding gestroop is en nou onbeswaard en verlos van alle lyding, `n nuwe lewe ingaan, waar uiterste skoonheid en geluk al die aardse oortref.

Waarom wil julle dan treur? Poog om reeds op aarde die lot in die hiernamaals te verkry. Poog om julle los te maak van alles wat julle aan die wêreld bind, en julle sal maklik van hierdie aarde kan skei. Maar die een wat die wêreld te liefhet, sal ook die skeiding van die wêreld baie swaar vind. Hy wil homself nie losmaak van die goed van hierdie wêreld nie. Sy hart hang te veel aan die aardse. En hierdie mens vind ook aan die anderkant nie `n voorbereide plek waar hy die goeie lewe van die wêreld kan voortsit nie. Hy het nagelaat om gedurende die aardse lewe hiervoor te werk en hy sal nou vir `n lang tyd moet dien, alvorens hy die geluksaligheid in die hiernamaals waardig is.

Dan het `n mens die reg om oor hierdie siel te treur; egter nie omdat hy van die aarde heengegaan het nie, maar omdat die siel nou onuitspreeklik moet ly om deelagtig te word aan dit wat hy op die aarde moes verwerf. Bid vir hierdie siel. Gee haar deur gebed julle krag, wat sy so dringend nodig het. Wie hierdie siel regtig liefhet, sal in staat wees om haar te red deur hierdie liefde. Want die liefde sal onophoudelik werksaam wees vir sulke arme siele, wat hulle lewe nie goed geleef het nie en nou gebrek moet ly totdat hulle verlos is van hul skuld.

God se sorg gaan onophoudelik na julle uit. Laat dan ook julle sorg toekom aan diegene wat julle van harte dankbaar is vir alle hulpverlening. Onthou dat julle wat op die goeie weg lei, ook dwalend was. Veg en stry om uiteindelik ook die ryk van die lig te bereik. Maar julle wat nog oor die aarde gaan, gebruik hierdie tyd wys en verlang altyd net na die Heer, sodat julle die dood nie sal smaak nie, maar vir ewig sal lewe. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205