BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 478

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vaderliefde - Die leiding van God

3506 Waarom is jy bekommerd en waarom aarsel jy?

Toon Ek geen belangstelling vir jou lot, deur steeds My hulp vir jou te belowe nie? Skenk jou die volle vertroue aan My en laat Ek jou lei, want My leiding is waarlik korrek. Aan My hand kan jy welgemoed voortstap. Die liefde van die Vader beskerm jou en sal jou nie tot ’n val laat kom nie. Dog sal jy klein probleme moet oorkom, sodat jy die hand van die Vader des te vaster sal vasgryp, sodat jy nie Sy leiding sal vergeet en jou losmaak en die pad alleen wil aflê nie. Want dit sal vir jou gevaarlik wees. Deins daarom nie terug vir probleme wat daagliks vir jou lastig op die pad voorkom nie. Neem al die struikelblokke op in die volle vertroue van My hulp, en jy sal dit maklik oorkom en weer rustig op jou pad kan gaan. Want Ek vergesel jou voortdurend, sodra jy My leiding wil aanneem. En vanuit My nabyheid sal krag jou oorstroom en dus hoef jy niks te vrees nie, hoe bang die wêreld jou ookal maak. Dit is My wil, of Ek laat toe dat die mense in erge nood beland, ter wille van hulle siele wat nog van My afgewend is. Maar Ek bekommer My vol liefde oor Myne, ofskoon hulle sal moet deel aan die leed en die nood van die gemeenskap. Laat Ek vir jou sorg en bevry jou hart van elke liggaamlike sorg.

En dink slegs aan jou siel, dat sy geen gebrek hoef te ly nie. Bly met My verbind. Bid en beoefen die liefde en jy sal nooit meer sonder krag wees nie. Want Myne vergeet Ek nie en elke oproep na My hoor en verhoor Ek. En glo vas en sonder twyfel dat niks vir My onmoontlik is nie en dat Ek in die hoogste nood nader aan jou is as ooit. Maar hierdie nood is in My plan van ewigheid voorsien, egter slegs as hulpmiddel vir die verdwaalde siele wat andersins verlore sou gegaan het. Wie egter in My glo, in My Liefde en Almag, kan alle sorge laat wegval, want hy sal as My kind steeds die liefdevolle hand van die Vader mag voel, wat hom sorgsaam sal begelei op sy lewensweg. Die lae geestelike vlak van die mense vereis 'n tyd van nood, wat so ingrypend sal wees dat dit vir die mense ondraaglik sal voorkom. En tog mag julle wat deel van Myne is, hierdie tyd van nood nie vrees nie. Want solank jy deur innige gebed en werke van liefde met My verbind bly, deur met jou wil tot My welbehae te lewe, sal jy ook beskerm wees teen die verderflike invloed van diegene wat julle tot ’n val wil bring. En dus sal die magte van die duisternis wat deur mense wil werk, ook weinig invloed op jou hê.

Hulle sal jou wel laat skrik, maar sal nie aan jou kan skade toebring nie, omdat Ek voor jou sal staan en elke onheil van jou sal afwend, in soverre dit nie vir jou siel nodig is nie.

Glo daarom en vertrou. Hou aan My vas en My Vaderhand sal jou sorgsaam weglei uit elke gevaar. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205