BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 293

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Omgang met oorledenes - Siele in die nabyheid van die aarde

2401 Daar is ontelbare siele in die nabyheid van die aarde wie se toestand van volmaaktheid baie laag is en hulle daarom nog steeds die verlange na die aarde met hulle saamdra, omdat die hoër gebiede vir hulle nog ontoeganklik is. Hierdie siele is nog dikwels nie daarvan bewus dat hulle nie meer by die aarde hoort nie, d.w.s. hulle weet nog nie dat hulle die liggaamlike lewe op aarde beëindig het nie en hou hulle daarom nog in hul ou omgewing op en wil hulle aan die mense verstaanbaar maak, sonder dat hulle egter deur die mense gehoor kan word.

En dit duur soms lank voordat dit vir hulle duidelik raak dat hulle niks meer met die aarde te make het nie. Dit duur lank voordat hulle hulself in hul nuwe omgewing skik en ten slotte wegbly van die aarde. Die toestand van onwetendheid is nie baie bevredigend vir die siel nie, wat nêrens begrip en hulp kan vind nie, omdat sy haarself tot die mens wend, wat hulle nie kan help met dit wat hulle begeer nie.

Eers die insig dat hulle vir altyd van die aarde heengegaan het en dat die mense hulle alleen deur gebed kan bystaan, bring die siele daartoe om oor hulle teenswoordige toestand na te dink en die moontlikheid in oorweging te neem dat hulle hierdie toestand self kan verander. En nou eers sal hulle agslaan op elke geleentheid wat hulle `n hoër graad van volwassenheid kan oplewer. Nou eers keer hulle in hulself en probeer dan vir hulself rekenskap te gee en word dan dikwels deur bitter berou aangegryp, omdat hulle die aardse lewe nie so benut het soos wat God dit gewil het nie.

En in hierdie toestand van berou word hulle dikwels deur die ligwesens opgesoek, wat egter in `n omhulling na hulle toe kom, sodat hulle nie as ligwesens herken word nie. Hulle maak die siel dan oplettend op die leed van ander siele en probeer daarmee medelye in hulle opwek. En nou sal hulle innerlike gesindheid bepalend wees of die ligwesens hulle krag kan gee, en of hulle hulle weer aan hul lot sal oorlaat, totdat hulle medelye vir die noodlydende siele hulle eie leed gaan oorheers en die ligwesens dan nou opnuut en met sukses op hulle kan inwerk.

Die aarde is deur ontelbare wesens omgewe, wat dink dat hulle nog op aarde lewe, maar sonder dat hulle herken word deur die mense, wat dink dat hulle nie bestaan nie, wat hulle nie kan sien of aanraak nie en daarom ook nie wil glo dat die siele van oorledenes die agtergeblewe mense omgewe nie. Want slegs die geestelik oog sou hulle kan sien, die liggaamlike oog is egter blind, gevolglik kan die siele hulle aandag op geen enkele manier trek nie, omdat die mense nie daarop reageer nie, want hulle is afhanklik van die goddelike natuurwette waarin God hulle geplaas het.

Hulle sien en hoor slegs met liggaamlike organe, die siele van die oorledenes moet egter met geestelike oë waargeneem word. En dus is daar tussen die siele van die oorledenes en die mense op aarde geen verbinding nie, suiwer natuurlik gesien, maar daar bestaan maar net `n suiwer geestelike verbinding, wat eers aangeknoop kan word wanneer die mense op aarde die wil sal hê om met die siele in goeie verstandhouding te lewe, d.w.s. wanneer die mens op aarde aan die voortlewe van die siel sal glo en hulle, as gevolg van hierdie geloof, met hierdie siele probeer omgaan.

Die bewustelike opneem van die verbinding met die geestelike wêreld, is die voorwaarde dat daar tussen die mens en die siele in die hiernamaals `n kontak tot stand gebring kan word, waardeur `n wedersydse toenadering moontlik is. En nou kom dit daarop neer wie meer insig sal hê, die mens, of die siel in die hiernamaals. Want die wetende party moet die onwetende party onderrig.

As die siel in die hiernamaals in `n baie onvolmaakte toestand is, dan kan die mens kennis aan haar oorbring, deurdat hy met die siel kan praat, wat die siele baie goed kan begryp en hoor. Maar as die mens onwetend is, dan word sy deur wetende geestelike wesens onderrig, sodra haar wil hierdie onderrigting verlang.

En dus kan die mense op aarde seënryk inwerk op die siele wat in die nabyheid van die aarde is, want hulle het meestal `n onvoldoende volmaaktheid, hulle weet weinig en het daarom weinig krag. Hulle kan deur oordrag van kennis in liefdevolle gedagtes in soverre gehelp word, dat die siele hulle nou makliker van die aarde sal losmaak en hul aandag nou aan die lydende siele in die hiernamaals laat toekom.

Daardeur kan die liefde in hulle gewek word en kan hulle nou in hoër kennis ingelei word deur die ligwesens, wat die verandering van instelling van die siele herken en nou van hul kant af die siele bystaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205