BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 307

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Heldersiendheid - Goeie of slegte kragte

2464 Watter geestelike kragte hul aan die mense uiter wanneer die werksaamheid openlik sigbaar is, moet ernstig ondersoek word deur hulle wat weldenkend is en in die waarheid wil wandel. Want tussen Hemel en aarde, d.w.s. tussen die lewe op aarde en die hiernamaals bestaan daar `n samehang wat nooit onderbreek hoef te word nie, as die mens nat bereid sal wees om dit in stand te hou. En die kragte uit die hiernamaals uiter hul steeds deur die mense wat hulle wil vervul, wat dus in `n sekere sin "geesverwant" is.

So sal die ligwese homself uiter deur edele, goeie mense, daarenteen sal duistere kragte hulself van mense bedien wie se gesindheid onvriendelik is, wat nie in staat is om die goeie na te streef nie, want hulle sal ook gewillig wees om die bose kragte te dien, dus voer hulle gewillig uit wat van hul verlang word.

Maar nooit sal hierdie bose kragte mense kan benader wie se wese goed is nie, dus op God gerig. Daar bestaan geen mag wat so sterk is, dit hulle die ligwese kan verdring nie; die mense wat op God gerig is, word egter steeds bygestaan deur die ligwesens en dus het die duistere magte geen toegang nie, om welke rede `n bose wese uit die hiernamaals hom nooit sal kan uiter deur `n mens wat net die goeie nastreef nie en wie se lewenswandel goeie, edele gevoelens uitstraal nie.

Die gawe van heldersiendheid is `n uiting van geestelike kragte vanuit die hiernamaals, d.w.s. die mens word opheldering gegee deur geestelike wesens oor sake wat die mens andersins nie sou kon deurgrond het nie, omdat die mens slegs dit wat tyd en ruimte betref, uit sy ondersoek of kennis kan onttrek. Die mens wat in staat is om sulke dinge te sien, beskik dus oor `n krag wat nie aan hom as mens eie is nie, en hierdie krag word aan hom vanuit die geesteryk gestuur. Die geestelike wesens beskik oor hierdie kennis, as dit oor sake gaan wat deel uitmaak van die aarde, en hulle kan dus vir die mens op aarde uitsluitsel gee, want hulle word nie deur tyd of ruimte verhinder nie.

Dus kan hulle hulself, omdat hulle liggaamlik nie meer verhinder word nie, daarheen wend waar hierdie wesens, wat aan die aarde gebind is, hetsy mense is of dooie waar voorwerpe hulself bevind, en kan dan die mense wat hulle raadpleeg, d.m.v. gedagtes opheldering daaroor verskaf. Van die kant van die mens is slegs `n gesofistikeerde ontvanklikheid van sy geestelike vermoëns nodig om hierdie verklarings in ontvangs te kan neem, en hy kan hierdie verhoogde doeltreffendheid van sy vermoëns te alle tye aktiveer, deur daarop te konsentreer om die fluisterstemme wat deur middel van gedagtes in hom opkom, uit die geesteryk in ontvangs te neem.

Dus moet die mens in die eerste plek geestelike kragte aanvaar met wie hy hom na willekeur kan verbind. Maar as net suiwer aardse sake opgehelder moet word, wat niks te doen het met die positiewe ontwikkeling van die siel nie, hoef ook die heldersiende mens nie groot geestelike volmaaktheid te besit nie, maar is dit enkel en alleen genoeg om met hierdie geestelike kragte in te stem en van hulle gebruik te maak deur die bereidwilligheid om aan hul fluisterstemme gehoor te skenk.

Maar dan is hy ook nooit seker daarvan of hy nie deur kragte bedien word wat nog onvolmaak is nie, en dat daar dus ook foute kan insluip. Maar dan sal resultate uit aardse belang nagestreef word, dit sal egter nooit lei tot geestelike vooruitgang nie. Die laasgenoemde is afhanklik van die graad van volmaaktheid van diegene wat verborge dinge kan sien. As hy self diep geestelik ingestel is, dan is hy ook by magte om geestelik in te werk op mense wat `n beroep op sy hulp doen. Dan sal hy self oor `n ryk kennis beskik en hy sal die kennis gebruik vir die sieleheil van sy medemens. Want dan sal ligwesens hom ook bystaan wanneer hy probeer om sake te deurgrond wat andersins vir die mense verborge sou gebly het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205