BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 306

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sedeloosheid - Ongeskrewe wette

2461 `n Algemene sedeloosheid begelei die tyd van die liefdeloosheid van die mense en ook dit is `n teken van geestelike verval, dat die mens geen enkele respek meer het vir die fynere gevoelens van sy medemens nie en hulself dus gladnie teenoor mekaar inhou nie. En `n geslag wat sonder sedes en sonder hoë moraal is, sal sy ondergang tegemoetgaan.

Dit is weliswaar onbegryplik vir die mense, aangesien hulle ingetoënheid slegs as menslike bysaak beskou en hulle vind dat `n uitleef van alle drifte by hierdie tyd hoort. En hulle word in hierdie mening versterk deur die totaal valse opvatting dat die sedelike wette die mens maar net hinder om homself uit te leef en daarom afgeskaf moet word.

Nooit as te nimmer sal `n volk, wat vir homself heeltemal geen wette as riglyne wil maak, bly bestaan nie, naamlik wette wat die mense tot `n sedelike halt sal roep om hulle lewe binne die raamwerk van `n sekere maatskaplike ordening te lei. Dit is ongeskrewe wette wat egter tot nou toe deur die mense aanvaar was, omdat hulle sowel die noodsaak, asook die seën van sulke wette ingesien het en hulself terwille van die menslike ordening sonder teenspraak daarvolgens gerig het.

Hierdie wette raak steeds meer in die vergetelheid, oftewel word dit opsetlik deur die mense verwerp, omdat dit hinderlik sou wees vir die uitleef van die instinktiewe drifte. En daarin is daar duidelik `n agteruitgang van die geestelike ontwikkeling te herken, want hoe meer die mens op sy instinkte gerig is, des te minder is hy op God gerig, want hy begeer die wêreld, d.w.s. alles wat aan die liggaam welbehae verskaf en hy laat vanweë die liggaamlike, alles ten opsigte van die medemens buite rekening.

En die gevolg daarvan is dat die mens `n prooi word van geestelike kragte wat `n lewe van ongeremde genot op aarde gelei het, wat hulle begeertes eerste gestel het en dus `n sondige lewe gely het. Hierdie geeste se krag het groot invloed op die mense en hulle gebruik die mense op so `n wyse dat die mense steeds minder ag slaan op die ongeskrewe wette, en dat hulle hulself sonder nadenke aan `n ligsinnige lewenswandel oorgee, dat daar vir hulle ook geen grense meer bestaan nie en slegs dan voldoen dit aan hulle begeertes. Vir die geestelike ontwikkeling is so `n ingesteldheid, ten opsigte van die vreugde van die wêreld, nooit bevorderlik nie, want wat die liggaam verlang, sal steeds tot nadeel van die siel wees.

Tewens sal `n geestelike strewe egter bespot en belaglik gemaak word en dit weer, sonder enige aarseling, omdat die mense die gevoel vir fatsoenlikheid en goeie sedes verloor het. Dus word die mening van die enkeling ook nie geag nie, maar veeleer beskou as die van `n teëparty en dit word daarom verwerp, dikwels op skaamtelose wyse. Want sedeloosheid en geestelike verval gaan hand aan hand.

Die mense spreek wel van vooruitstrewendheid, maar hulle het dit minder as ooit. Hulle spreek van geestelike vooruitgang en tog is hulle ver agtergeblewe, want daaronder verstaan hulle nie die vooruitgang van die siel nie, maar alleen `n misvormde denke, wat die moeite werd lyk om na te streef. Hulle probeer om `n nuwe moraal op te bou, wat `n ligsinnige lewenswandel in die hand werk en streef daarna om dit as ideaal voor te stel. En dus sal daar nuwe wette afgekondig word en ou wette ongedaan gemaak word en in ooreenstemming daarmee sal die mensdom ook verander en elke norm verloor vir `n deugsame Godwelvallige lewe, wat aan die mens `n vooruitgang van die siel moet oplewer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205