BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Drie-Eenheid

662 Wees jy steeds bewus van die groot barmhartigheid waarin jy jou bevind en bly altyd gewillig om jou opgelegde taak uit te voer en die Heer sal jou seën. Verneem dan vandag dat jy kortliks die Ewige Drie-Eenheid moet verduidelik. (gespreek tot BD = opm.v/d uitgewer)

Dit is `n probleem wat julle as mense baie las besorg en tog so buitengewoon maklik te verstane is, want die Godheid is slegs alles in Een Persoon. In Homself verenig die Wysheid, die Liefde en die Mag van die Wil. Wanneer daar van `n Drie-Eenheid gepraat word, dan is dit steeds net die alomvattende begrip van Liefde as die Vader, Wysheid as die Seun en Wil as die Heilige Gees. Want die Liefde van die Vader het alles wat is laat ontstaan, vervolgens het die Wysheid van God die geskapenes in hulle regte posisie geplaas en hul bestemming toegeken en die Gees van die Wil het dit heeltemal tot lewe gebring en die bestaan daarvan verseker.

Alleenlik deurdat alles in die een ewige onverganklike Godheid verenig is, omdat God van ewigheid af die alomvattende begrip is van alle Liefde, Wysheid en Mag, is die mees begryplike oplossing van die probleem te vinde, maar waaruit die mens gereeld vir homself `n verkeerde opvatting vorm en daardeur die verkeerde verklaring van die drie Godhede gee. Die lewende verhouding van die kind tot die Vader gee die korrekte uitleg baie maklik, dat God tog alles in alles is en dat daar geen enkele skeiding moontlik is nie, met die gevolg dat alles in God Self ook moet verenig.

Die mensdom met hulle ontoereikende begripsvermoë probeer ook menslike grense aan die ewige Godheid stel en het in hulle eie gedagte `n vorm geskep wat vir hulle die ewige goddelike na eie goeddunke en denkbeelde moet personifieer. Elke personifikasie van God is `n verkeerde opvatting, want `n Wese wat alles in Homself verenig en wat in Sy volheid van Lig en Krag nie voor te stel is nie, kan nie in `n persoon tot uitdrukking gebring word nie. Maar om die voorstellingsvermoë vir die mense moontlik te maak, het hierdie ewige Godheid Homself in `n mens beliggaam, sodat die uiterlike van Hom nou werklik voorgestel kan word, wat nou as God se Seun vir die mensdom verstaanbaar geword het.

In hierdie Seun van God het Liefde en Wysheid, asook die Wil en die Almag verenig en daarom kan niks van mekaar geskei word nie. Deur die dood van Jesus aan die kruis, is die Mag van die dood gebreek, d.w.s., dit het nou vir die mens moontlik geword om die kwaad deur sy eie wil te kan oorwin. Hierdie wil is tegelykertyd krag en so kom die Krag uit God nou ook die gewillige mens op aarde toe, om sy wil in daad om te sit en homself so te verlos. Hierdie Krag van die Heilige Gees is daarom `n uitstraling van die alles in Homself bevattende Godheid, maar nooit `n persoon op sigself nie. Om so `n probleem met die verstand te wil deurgrond, sou maar net tot `n steeds groter dwaling lei, want julle as mense het vir julleself iets gevorm wat juis te menslik was, wat die waarheid nie in die vêrste vêrte benader het nie, toe julle die Godheid vir julleself in `n drievoudige vorm probeer voorstel het. Amen.



 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205