BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Leuengees en sy werktuie

2231 Die leuengees beheers die wêreld en wie die wêreld en sy dinge begeer, is `n prooi van hierdie leuengees, want slegs daar kan hy homself handhaaf, slegs daar sal hy as meester erken word, deurdat hy aanvaar word en na geluister word.

Die Gees van Waarheid daarenteen sal maar net veld wen onder die mense wat sal poog om hulself van die wêreld en sy dinge los te maak, wie geen enkele verlange daarna sal hê nie, maar hulself sal besighou met goddelike sake en wie hulle denke daarop sal rig, wat dink aan hulle eintlike bestemming en positief staan teenoor `n geestelike lewe. Daar word die leuengees toegang ontsê, want aan hierdie mense verleen God Self Sy beskerming en Hy onttrek hulle vanuit die mag van diegene wat die leuen in die wêreld bring.

Die mense wat die wêreld toegedaan is, erken daardeur dat hulle aan hom behoort wat sy mag in die wêreld het, want hulle begeer nog hulle aandeel daaraan, naamlik die onverloste materie wat nog baie van die bose geestelike substansie bevat. En daar waar hy die wêreld heeltemal vir homself wil wen, gebruik hy elke geleentheid om die sug na materie in die mense te vergroot, om dit vir hulle as begerenswaardig voor te stel. Daarmee bedien hy homself van die leuen, want die waarheid sou die mense opheldering gegee het en hulle verlange na aardse goedere laat verloor.

En so probeer hy elke waarheid met die leuen te vermeng, hy probeer om die mense in `n verkeerde denke binne te lei, hy probeer om hulle gees te vertroebel, d.w.s. hulle te verstrik in die aardse hartstogte en begeertes, sodat die gees in hulle met die digste omhulsels omgeef word sodat die siel geen enkele opheldering kan kry nie. En al die goddelike probeer hy ondertoe trek, om al die edele te verstik, die waarheid te vertroebel, die liefde uit te roei, haat en onvrede te saai en die mense geleidelik so te vorm dat hulle soos hy sal lyk, dat hulle al die eienskappe sal aanneem wat die bose kenmerk.

Die liefde vir die waarheid is maar by heel weinig mense aanwesig en hulle is die wat deur die wêreld verag word. Maar hulle doelwit is God, wat die Waarheid is en hulle poog om geestelike dinge te verkry wat vir ewig duursaam is. En dus styg hulle bo die wêreld uit en die vors van die leuen sal geen invloed meer op hulle hê nie.

En tog wil hy hulle nog in die noute bring en daarom vereenselwig hy homself met hulle wat ook uiterlik na die waarheid streef, d.w.s. wat die skyn wek dat hy die waarheid soek, maar innerlik is hy die vors van die leuen toegedaan, wie homself en sy lewe liefhet en poog om dit vir homself so aangenaam moontlik te maak, wat midde in die wêreld staan en tog probeer om die verbinding te verloën, en wat sonder `n innerlike drang om homself van die wêreld af te keer, vir sy medemens `n onselfsugtige lewe voorspel en dus die leuen toegedaan is.

Hulle word deur die teenstander gebruik as sy werktuie, deurdat hy hulle laat spreek onder die dekmantel van die waarheid, soos wat die vors van die leuen dit wil. En so vermeng die leuen met die waarheid en die mensdom neem alles aan wat aan hulle as waarheid gesê word en wat tog die grootste onwaarheid is, want hulle het geen insig nie, omdat hulle die waarheid nie begeer nie en die onwaarheid beantwoord meer aan hulle aardse verlange en daarom word dit sonder enige beswaar aangeneem.

Maar die Gees van Waarheid sal deurbreek, sodra die mense hulself vrywillig van die materie afkeer, sodra hulle geestelike dinge sal begeer en hulself na God rig. En Hy sal die leuengees oorwin, want wie die waarheid insien, sal dit verdedig en probeer om dit uit te brei en die onwaarheid sal verdring word en daarmee word hy oorwin deur wie die leuen in die wêreld gekom het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205