BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 508

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voorwaardes vir die werking van die Gees

3615 Jou kennis sal gefragmenteerd wees solank die Gees in jou, jou nie onderrig nie. En jou bekommernisse en ondersoeke sal nie voldoende wees indien jy jouself nie vooraf met My in verbinding gestel het, vraend om My Gees, om verligting van jou denke nie. En wie derhalwe sy kennis verkry het sonder om My hulp vooraf af te gesmeek het, kan wel van menslike wysheid spreek, maar sal nooit goddelike wysheid syne kan noem, naamlik 'n kennis van die geestelike ryk betreffend en ooreenstemmend die waarheid nie.

Want slegs Ek deel daardie kennis uit. Weliswaar aan elkeen wat dit begeer, maar met die vereiste dat dit nagekom sal word volgens die voorwaardes wat Ek stel, sodat My Gees in die mens kan werk. Dus is kennis, die suiwer geestelike waarheid, altyd alleen dan gewaarborg, wanneer die een wat vra, homself heeltemal onderwerp aan My wil, wanneer hy sal leef volgens My leer, in liefde vir My en vir die naaste. Aan hierdie vereiste moet die mens eerstens voldoen, indien hy waardig geag wil word vir My genadegawe, naamlik die oordra van die suiwer waarheid deur My Gees.

Verder moet hy 'n diep verlange na waarheid hê. Hierdie voorwaarde stel Ek ook. Maar hieraan word weinig aandag geskenk. Want as voorwaarde om kennis te ontvang wat ooreenstem met die waarheid, moet die mens homself eers ontdoen van sy kennis wat hy van mense ontvang het. Dit wil sê, hy mag nie self aanneem om reeds wetend te wees nie, omdat hy hom andersins moeilik sal open vir die toestroming van die suiwer waarheid, indien dit nie gaan ooreenstem met sy ou kennis nie.

Voor die oordrag van die suiwer waarheid kan plaasvind, moet die persoon bereid wees om afstand te doen van die kennis wat hy besit. En hierdie wil sal slegs deur die mens opgebring word wat nog nie oortuig is van die waarheid van sy eie kennis nie. Glo hy egter om die waarheid te besit, sal hy waarskynlik nooit daarvoor vra nie. En gevolglik kan dit ook nie aan hom oorgedra word nie. Die dwaling van sy kennis kan dus nie blootgelê en uitgeroei word nie. Die volledige vrywillige oorgawe aan My en die luister na wat Ek hom sal bekendmaak deur My Gees, is die enigste manier om tot die suiwer waarheid te kom.

En daarom moet die mens 'n diep geloof besit. Hy moet vas daarvan oortuig wees dat Ek die waarheid aan hom kan en wil oordra. Hy moet oortuig wees van die werksaamheid van die Gees in homself, van My regstreekse werking in die mens, anders sal hy nie in stilte gaan en luister na wat My Gees aan hom verkondig nie.

Die bewustelike aandagtig luister na binne is dus eweneens 'n voorwaarde wat vervul moet word om My te kan hoor. Want die stem van die Gees is saggies en teer en weerklink slegs in die een wat homself heeltemal van die wêreld sal afsluit, wie dus in sy binneste sal luister, wie dus daardeur die verbinding met die geestelike ryk tot stand sal bring, - met My, as gewer van die Waarheid, as die Vadergees, Wie se deel as geesvonk in jou siel rus. Jy moet die Gees in jouself laat spreek en jou siel so vooraf omvorm dat sy in staat sal wees om die uitgiet van die Gees te kan opneem. En die oorvloedigste kennis sal die aandeel wees van 'n mens wat hierdie voorwaardes sal vervul, wat ernstig na die waarheid sal streef en My, as die Ewige Waarheid, daarom vra.

Want Ek wil die waarheid aan die mense gee. Ek wil nie dat hulle in duisternis van gees voortgaan nie. Ek wil hulle na My toe trek, na die geestelike ryk. En dit is slegs moontlik deur die oordrag en ontvangs van die suiwer waarheid wat alleen na My lei, omdat dit van My uitgegaan het. En wie dus soek, sal die regte gedagtes hê. Hy sal binnedring in die diepste kennis, in die geestelike gebied wat geslote sal bly vir al diegene wat op een of ander wyse poog om kennis te bekom, want dit is My wil.

Die gebed om verligting van gees deur die Gees alleen waarborg nog nie Sy werksaamheid as die ander vereistes ook nie in ag geneem sal word nie. Ek sal egter nie daarvan afsien nie, omdat die één die ander bepaal. Want 'n geestelike gawe kan slegs aangebied word wanneer My wet nagekom word, wat van ewigheid af vasgelê is. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205