BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 387

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verloop van die lewe voorafbepaal afhangende van wil.

3176 Die verloop van die mens se lewe stem ooreen met die siel se toestand van volwassenheid tydens haar beliggaming op aarde, wat beteken dat God haar aardse lewe so afgebaken het, dat dit vir die siel die beste moontlikheid vir `n hoër ontwikkeling bied. As die mens die belang van sy siel op die hart dra, sal hy inderdaad gebruikmaak van elke geleentheid om sy doel te bereik terwyl hy nog op aarde is, hy sal homself aanpas by die ewige Godheid deur `n lewe te leef volgens God se wil. Maar hy kan ook alle geleenthede laat verbygaan, sonder om daarvan gebruik te maak, en dit dui op `n geestelike stilstand, `n tekort in sy ontwikkeling.

En hierdie tekortkoming moet weer uitgebalanseer word, daarom stel die lewe dikwels groot eise aan hom wat vereis dat hy al sy krag moet inspan as hy daaraan wil voldoen. Hy word effektief nog `n geleentheid gebied om naasteliefde te beoefen, sover as wat iets van hom verwag word wat al sy wilskrag vereis, maar wat behulpsame naasteliefde veronderstel. As hy aan die vereistes wil voldoen, moet hy sy wil aktiveer en werk tot voordeel van sy medemens. En hierdie aktiwiteit kan lei tot die siel se volwassewording, omdat sy dryfkrag naasteliefde is en dit is die mees doeltreffendste manier om volwassenheid van die siel te bereik. As die mens naasteliefde vanaf `n vroeë ouderdom beoefen het, sal hy gebruik gemaak het van elke geleentheid vir sy geestelike vooruitgang, want dan sal hy ook helder en duidelik die betekenis en doel van sy aardse bestaan herken.

As hy egter halfhartig en traag is en as sy hart verhard is teenoor sy medemens se lyding, dan sal hy ook elke moontlikheid vir ontwikkeling laat verbygaan, hy sal slegs aan homself dink en sy medemens se ellende ignoreer, dan sal hy ook in onkunde van sy werklike taak op aarde leef en sal dus nie bewustelik na bo streef nie. Dit is moontlik dat die siel, voor haar inkarnasie as mens, reeds baie bereid was daarvoor, en die bereidwilligheid het gelei tot haar aardse lewe waarin sy `n baie hoë geestelike vlak kon bereik het, want volgens haar wil gee God haar die geleentheid om aktief te raak. So sal die mens die lewe relatief maklik vind, vir sover sy siel nie weerstand bied nie, maar gewilliglik daarna sal streef om die gebooie van God te vervul, want hy ontvang krag a.g.v. sy bereidwilligheid. Want dit is die krag van die liefde, wat weer lei tot werke van liefde. `n Gewillige siel weerstaan dit nie om liefdevolle dade uit te voer nie, want die liefde woon in haar, omdat `n liefdevolle hart voortdurend liefdevolle aktiwiteite sal stimuleer. En daarom word hy `n oorvloed geleenthede gebied, ongeag van hoe hy hulle gebruik. Hoe minder `n persoon sy innerlike drange weerstaan, hoe gouer sal die siel volwasse word, want dan sal hy voortdurend gedryf word om dade van liefde te doen, en so verander sy siel geleidelik in liefde, hy voldoen aan sy taak op aarde, en elke ervaring dra by tot die hoër ontwikkeling. Want die siel se aardse lewe is voorafbepaal na gelang van haar wil, wat sy dus met groot sukses kan uitleef, sodat sy die volwassenheid op aarde sal bereik wat haar sal toelaat om die koninkryk van lig in te gaan, onmiddellik na die fisiese dood. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205