BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 250

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die Bybel - `n Lamp sonder olie

2203 `n Lamp sonder olie is slegs `n leë houer wat nie aan haar doel voldoen nie, want sy straal geen lig uit nie, omdat die permanente voeding ontbreek wat aan die lig gevoer moet word, en so is dit ook met die heilige Skrif (die Bybel) gesteld, solank as wat die boek nie beskou word as `n waaragtig ligverspreidende werk nie, d.w.s. solank hy nie tot die verligting van die gees lei nie. Die heilige Skrif kan waarlik die hoogste wysheid aanbied vir hom wat in die diepste gelowigheid en met `n hart wat op God gerig is, begeer om die wysheid daaruit te put, sodra die mens dus self deur verlange sy honger na lig laat sien. Dan sal die Boek van die boeke nie net `n leë houer wees nie, inteendeel word dit tot `n skenker van lig. Die mens sal toeneem in wysheid, want hy verlang voeding vir sy gees en hierdie voeding laat die lig in hom tot `n helder stralende vlam word wat sy skynsel ver uitstuur en dit sal die donkerste nag kan verlig.

Die woord van God is geseënd met Sy Krag en hulle wat regstreeks van God die woord in ontvangs wil neem, sal daarom ook voortdurend deurstroom wees met God se Krag. En hierdie krag sal ook na die mens stroom wat met dieselfde innigheid die woord vir homself neem waar dit vir alle mense toeganklik is, sodat hy net daarna moet streef om goddelike wysheid in homself op te neem, sodra hy enkel en alleen lig begeer, want elke honger na Sy Woord sal God stil, Hy sal gee waarna verlang word. Dus moet die hart verlang na geestelike voedsel, dan word dit aan hom gebied in die vorm van kennis, want elke woord uit die heilige Skrif sal nou vir die mens duidelik word en die kennis sal hom gelukkig maak en hom tevrede stem.

Maar hoe dikwels lees die mens maar net die geskrewe woord en laat dit nie tot sy hart spreek nie, hoe dikwels ontbreek die betekenis en insig van dit wat hy lees, omdat hy nie bid vir die barmhartigheid om dit te kan verstaan nie en dan is die Boek niks meer werd as elke ander boek wat slegs die doel het om te vermaak nie. Maar dan mis die lamp die olie, dan is sy sonder lig, sy is slegs `n leë houer wat haar doel nie nakom nie, want sy straal geen lig uit nie en kan ook nie die hart van die mens verlig nie.

Die woord van God kom na elke mens toe wat dit begeer, want die Heer is die woord en aan die wat probeer om Hom te bereik, openbaar die Heer Homself op die mees verskillende maniere. Hy sal hom die waarheid gee deur middel van gedagtes, of Hy sal mense bymekaarbring en Hy sal deur hulle spreek, of Hy sal tot hom spreek deur die Boek van die boeke. Maar steeds moet die bereidwilligheid aanwesig wees om die goddelike woord te ontvang, die hart moet dit begeer, sodat haar verlange vervul kan word. Die Gees uit God sal dan steeds werksaam wees, dit maak nie saak hoe en waar die mens die goddelike woord in ontvangs gaan neem nie, omdat die Gees uit God eers dan kan werk waar die mens se honger na geestelike voedsel, na die lig, duidelik blyk. En dan sal elke dwaling ook uitgesluit wees, want selfs waar so-iets deur die menslike wil ontstaan het, stuur die Gees uit God die denke van die mens so, dat hy korrek begryp en sy kennis dus aan die waarheid sal beantwoord. Hierdie kennis is dan `n lig wat helder in die omgewing straal en wat die krag van sy straling die duisternis instuur. En die kennis sal hy altyd en oral mag verwerf. Die Gees uit God is steeds bereid om kennis uit te deel en waar dit uit die diepste van die hart begeer word, daar sal die hart ook gevoed word, want God wil hê dat dit lig en helder in die harte van die mense word. Hy wil dat Sy woord nie net uiterlik gelees of aangehoor word nie, maar dat dit diep sal binnedring, sodat dit geestelik goed sal bly vassit om eendag die rykdom van die siel in die Ewigheid te wees. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205