BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 482

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die einde van die wêreld - Oordeelsdag

3519 Die einde sal aanbreek wanneer niemand dit sal verwag nie. Dit sal `n tyd wees wanneer die mense wat God verwerp het, die lewe ten volle sal geniet, terwyl gelowiges angstig in nood sal verkeer en die koms van die Heer verwag. Maar eersgenoemde sal glad nie dink aan die komende einde nie, want sonder aarseling sal hulle op hul wilde weg voortgaan, hulle sal die aardse genietinge mateloos gebruik, hulle sal swelg en sondig en sal heeltemal onder die invloed van die satan staan. Dit sal 'n tyd wees waarin daar ’n skynbare verbetering in die lewensomstandighede ingetree het, waarin die aardse nood opgehef sal wees vir die mense wat hulself sal voeg volgens die eis van die opperheerskappy, waarin slegs diegene sal moet ly wat ter wille van hul geloof uitgestoot is.

En te midde in hierdie vreugderoes sal die oordeel bykom as ’n verrassing - ook vir die God-getroues - omdat niks vooraf enige skyn daarvan sal hê dat daar 'n verandering in hul droewige toestand sal intree nie. Die sondeskuld van die mensdom sal op sy hoogste wees, hulle sal hulself heeltemal van God losgemaak het en hulle na Sy teenstander gewend; hulle het dus sy deel op aarde ontvang, naamlik aardse vreugdes in oormaat. En die denke en strewe van die mense sal steeds boser word en sal tot uitdrukking kom in die optrede teen die gelowiges, wie sonder erbarming gekwel sal word en hulpeloos sal staan teenoor hul mag en meedoënlose geweld. Hulle sal ten volle arbeid vir die satan verrig en die mense sal ryp wees vir hul ondergang. En so sal die einde kom, soos wat dit in woord en geskrif verkondig is. Dit sal 'n dag vol ontsetting wees vir die mense. Die aarde sal verdeel, vuur sal losbreek vanuit die binneste van die aarde en al die elemente sal in opstand kom. En die mense sal probeer om te vlug en in onbeskryflike paniek raak, maar waarheen hulle hulself ookal wend, sal dit orals dieselfde wees, naamlik 'n sekere ondergang.

Die einde sal dan gekom het vir almal wat ’n gees sal hê wat van God afgewend is, sowel as die verlossing uit die grootste nood vir Syne wat in lewende lywe weggeneem sal word en so die liggaamlike einde sal ontgaan. God het hierdie tyd al lank tevore aangekondig, maar daar was geen ag geslaan op Sy voorspellings nie en so sal die mense hulleself skielik in 'n verskriklike toestand bevind, waaruit daar geen redding sal wees nie. Die ondergang van die ou wêreld is sedert die ewigheid besluit, maar wanneer dit gaan plaasvind, is vir die mense verborge en so sal hulle dit meemaak gedurende 'n tyd waarin hulle hulself bewustelik as here van die wêreld waan, waarin hulle sal poog om soveel genot as moontlik uit die lewe te haal, waarin hulle heeltemal deur die wêreld gevange geneem is en God daardeur uit hul denke verdryf het.

En so bereik God dit dat Hy nie vergeet sal word nie. Hy sal hulle wat teenoor Hom gesondig het, ter verantwoording roep, omdat hulle Hom nie erken het nie. Hy sal die Reg spreek oor alle mense en sal hulle van mekaar skei, deurdat Hy sy eie mense omhoog sal bring na Sy ryk en die ander weer in die ban doen deurdat hulle hul liggaamlike einde op 'n verskriklike manier sal vind, sodat hulle siele weer opnuut gevange geneem sal word, dit wil sê die wil van die gees sal gebind word, sodat sy in die onvryheid van wil, weer die weg van ontwikkeling sal moet aflê in die nuwe skepping. Dit is 'n gruwelike gebeurtenis en tog 'n daad van goddelike geregtigheid, want die sondigheid van die mense sal sy hoogtepunt bereik het. Hulle sal in diens van die Satan staan en sal self pure duiwels geword het, vir wie daar niks anders moontlik is as liggaamlike vernietiging en geestelike gevangenskap nie, sodat die God-getroues van hulle bevry kan word en 'n lewe in vrede en eendrag sal kan lei op die nuwe aarde .

En of God ookal sal talm en steeds weer geduld sal hê terwyl die sondigheid toeneem, die einde sal onherroeplik kom en dit op 'n tyd waarop hulle dit nie sal verwag nie. Want ook die gelowiges sal verbaas staan, omdat dit sal lyk of al die wêreldse die oorhand kry, omdat die mag van diegene wat die wêreld verteenwoordig, sal toeneem en die gelowiges magteloos en regteloos deur hulle gemaak is. En dus sal die wêreld skynbaar stabiel wees en tog sal haar ondergang so naby wees - totdat die dag sal aanbreek het wat God sedert ewigheid vasgestel het, wat niemand vooraf sal kan bepaal nie en wat tog volgens God se plan, die finale oplossing sal bring van dit wat op die aarde is. Slegs God ken hierdie dag, die mense moet hom steeds verwag en hulle daarop voorberei, sodat hulle aan diegene sal behoort wat God vooraf gaan wegneem, sodat hulle nie tot diegene sal behoort wat verdoem sal word op die dag van die oordeel soos wat dit in woord en geskrif verkondig is nie. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205