BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 460

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die vergeesteliking van die siel - Die oorwinning oor die materie

3414 Dat jy sal moet leer om die wêreld gering te skat, is absoluut noodsaaklik indien jy jou siel heeltemal volwasse wil laat word. Want eers wanneer sy nie meer daarna sal verlang nie, sal sy haarself wend na die geestelike ryk toe, die wêreld wat haar eintlike vaderland is, wat haar alles bied en wat haar help om opwaarts te gaan en wat dus ook die doel is wat sy deur die aardse lewe moet bereik. Hoe meer die mens homself losmaak van materiële dinge, hoe meer sy sinne dood raak vir aardse vreugdes en genietinge, des te meer vergeestelik die siel haarself. Solank die mens op aarde leef, moet hy hom weliswaar tot op ’n sekere vlak volgens die vereistes van die liggaam voeg. Hy moet aardse verpligtinge nakom, hy moet aardse werksaamhede verrig, hy is dus aardsgebonde en kan homself nie suiwer liggaamlik vroeër daarvan losmaak, alvorens God hom nie wegroep tot die geestelike ryk nie. Tog kan die mens 'n tweede lewe lei langs sy aardse.

Die lewe van die siel hoef nie volledig deel te hê aan die lewe van die liggaam nie. Die siel hoef nie dieselfde na te streef as die liggaam nie, maar sy kan vir haarself heeltemal onafhanklik daarvan ’n ryk vorm, wat egter ver vanaf die begeertes van die liggaam af lê. Sy kan haarself na die geestelike ryk toekeer en dan sal die liggaam wel sy aardse taak vervul, maar sal nooit meer aardse plesiere vir homself nastreef nie, veel meer sal hy homself spoedig by die begeerte van die siel aansluit en eweneens probeer om homself geestelik besig te hou, sodra die aardse pligte tyd daarvoor toelaat en geleentheid bied. En sodra hierdie graad bereik is, naamlik dat die mens nou geen meer Ag, slaan op alle materiële goedere nie, sodra hy die geestelike ryk tot die doel van sy strewe gestel het, word hy ook gevrywaar van sterk versoekinge vanaf die kant van die wêreld. Hy kan nie meer daaraan ten offer val nie, hy sal egter net so nou en dan nog effense gevegte moet deurstaan, wanneer die wêreld hom steeds weer haar vreugdes en plesiere aan hom toon en hom daarvoor wil wen. Maar dit is net versoekings wat hy steeds sal oorkom, omdat die kragte van die geestelike ryk, van die ryk waarna sy siel streef, hom nooit meer sal loslaat nie, omdat dit hom met onvermoeide liefde lok en sy siel dus voortdurend beïnvloed, sodat sy die krag in haar sal voel om weerstand te bied.

Hoe meer daar nou afstand gedoen word van die materiële wêreld, des te sterker is ook die kragoordrag vanuit die geestelike ryk. En hierdie toestroming van krag kom nie net die siel nie, maar ook die liggaam ten goede. Want laasgenoemde is nou ook in staat om sy aardse taak te volbring, sonder om die siel te verwaarloos. En die aardse taak sal 'n diening in aktiewe naasteliefde wees. Die mens sal nou ook deur sy aardse werksaamheid die rypheid van siel bereik, omdat hy nou volgens die wil van God gerig word. Want die mens wat aardse doelwitte buite beskouing laat, wat die goedere van die wêreld nie meer begeer nie, sal ook net arbeid verrig wat die medemens tot voordeel sal strek. Hy sal net wil gee, maar sal nie wil besit nie en daardeur sal hy steeds meer na die geestelike ryk streef.

Daardeur kom die siel dus uit vrye wil haar eintlike bestemming na. Sy oorwin die materie en vergeestelik haarself. Sy smoor die begeerte wat aan die liggaam eie is en forseer die liggaam om hom by die begeertes van die siel aan te sluit. Sy trek hom saam die geestelike ryk binne en daardeur streef sy die doel ernstig na wat vir haar op aarde gestel is. En sy sal hierdie doel ook bereik, want alle kragte van die lig staan haar by, sodat sy die weg na die ewige vaderland sal vind. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205