BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die innerlike stem - Stem van die gewete -hoorbare stem

1114 Die innerlike stem maak die mens bekend met die wil van God en daarom moet daar op hierdie woorde gelet word. Want sou die mens dit nakom, gaan hy ook op die regte weg. Om die stem in homself te hoor, moet die mens bereid wees om die wil van God te vervul. Hy moet as te ware vir die goddelike instruksies vra om daaraan gevolg te gee. En as hy hierdie wil openbaar, sal God Hom ook aan hom openbaar en wel na gelang hy dit waardig is, op verskillende maniere, gewoonlik deur die stem van die gewete. Hierdie is vir alle mense verneembaar wat na sy innerlike luister. Dit is `n aanmaning om die goeie te doen en `n waarskuwing om die kwaad te vermy. Dit is die sekerste wegwyser, die vermanende stem en die waarskuwingsteken van bo.

Wie aandag skenk aan sy gedagtes, sal besef dat dit in hom stroom, gewens of nie-gewens. Daar duik so dikwels gedagtes op wat vir julle hinderlik is, wat julle tot iets wil oorhaal of julle wil verhoed om iets te doen. En steeds is sulke gedagtes vir die mens `n verneembare innerlike stem, die stem van die gewete. As die mens hom nou deur sulke gedagtes laat lei, steeds met die oog op God en met die wil om die regte ding te doen, dan sal hy waarlik korrek gelei word. Maar die nie-navolg van hierdie stem laat die roep van bo steeds swakker word, totdat dit uiteindelik verstil, want die wil vir die goeie, die voorwaarde om aan die innerlike stem gehoor te gee, is nie teenwoordig nie.

As die mens egter deur die ywerige opvolg van die goddelike wil `n innige verhouding met die Vader in die hemel tot stand bring, dan sal die stem des te harder klink. Want waar die wil van die mens homself heeltemal aan die goddelike wil onderwerp, daar sal God Sy stem verneembaar laat klink en ruim Hy alle hindernisse op wat tussen Hom en die mense is. Daarvoor is werklik geen besondere gawe nodig nie, buiten `n hart wat God waaragtig liefhet, sowel as innige oorgawe, want in so `n hart kan die Heer ons Verlosser Self Sy intrek neem en nou duidelik waarneembaar met Sy kind praat. En dit bring alle verrukking van die hemel teweeg in die so gelukkig gemaakte mensekind.

Julle hoef maar net die goddelike stem te begeer en sal nooit `n vergeefse versoek rig nie en die goddelike Verlosser Self sal julle op die mees liefdevolle manier leer en Sy wil aan julle bekendmaak. Hierdie buitengewone genade kom alle mense toe en tog word dit nie waardeer om in regstreekse verbinding met God te staan nie en die welwillende woorde van die Vader te mag hoor nie. Om genade, troos en krag in ongekende oorvloed daaruit te put, is waarlik die grootste geskenk van God se genade en tog word dit so min geag en in tye van nood ly die mense gebrek en wel deur hul eie skuld. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205