BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 477

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die invloed van onvolwasse, vroeg oorlede siele

3505 Daar vertoef ontelbare siele in die nabyheid van die aarde, wat sonder besef van die ewige Godheid afgesterwe het, wat geestelik blind die ryk hierna binnegegaan het en wie nog onbewus is van hul armsalige toestand, wie in die nabyheid van die mense bly wat op aarde in hul omgewing was. En hierdie siele spoor die mense dikwels deur hul begeertes en aandrang aan tot handelinge en woorde wat strook met hulle wil, dus dra hulle hul denke oor op mense wat hul geen weerstand bied nie, wat dieselfde geestelike ingesteldheid het en daarom ontvanklik is vir die invloed van die siele.

Die vinnige skeiding van die aarde, dikwels in die midde van hul lewe deur die inwerking van demoniese kragte, aan wie tallose mense ten offer val, verplaas die nog onvolmaakte siele uit die toestand van krag na `n toestand van volledige kragteloosheid. Hulle voel dat hulle niks meer volgens eie wil kan volbring nie en hulle probeer daarom om hul wil oor te dra op die mense wat nog lewe om hulle daardeur nog te laat geld, om hulle dus te beweeg om hulle wil uit te voer. En hierdie ongunstige invloed vanuit die ryk van die duisternis het op aarde `n heel besondere nadelige uitwerking, omdat die aantal mense wat sterwe, daagliks groter word daardeur en vele mense die moontlikheid ontneem word om hul toestand van volwassenheid op aarde te bereik.

Die aarde word tans omgewe deur duistere gedaantes, wat selfs die kragte van die lig toegang tot die aarde probeer belet en wat sukses behaal waar die mense onverskillig teenoor die geestelike staan. Die onvolwasse siele strewe nog steeds dieselfde na as wat hulle op aarde nagestreef het en hul verlangens dra hulle aan die mense oor wat dieselfde gedagtes, begeertes en toestand van volwassenheid het. En hulle word dan die gewillige uitvoerders van dit wat hulle deur middel van gedagtes ingefluister kry.

`n Hoër onnatuurlike sterfte deur optredes as gevolg van menslike haat en liefdeloosheid, sal ook die duisternis in die gebiede naby die aarde vergroot, want die mense het nog nie hul aardse lewe benut nie, hulle het nog nie die geestelike sukses bereik wat `n lang lewe op aarde aan hul sou gegee het nie, meestal was hulle lighartig en wêrelds en daarmee ooreenstemmend sal ook hul verlangens wees nadat hulle gesterf het, tensy besonder moeilike lewensomstandighede hulle nog ter elfde ure die waardeloosheid van hul lewenswandel laat insien en hulle hul denke kon wysig voordat hulle die geesteryk ingaan. Dan sal die siel ook nie deur die diepste duisternis omgewe wees nie, maar sal af en toe `n ligstraal sien opflits, wat hulle agternasit en spoedig in `n meer ligter omgewing kom. Maar dan sal hulle verlange nie meer na die aardse materie wees nie, want hulle het hulleself maklik van die aarde en hul vroeëre omgewing losgemaak en vind nou in die geesteryk `n vervanging wat vir hulle waardevoller lyk.

Die onvolwasse siele kan egter nie opstyg na hierdie gebiede nie, hulle is asof met kettings aan die aarde gebind en bevind hulle steeds in die nabyheid van hul nabestaandes of gelykgesinde mense op aarde. En hulle (mense op aarde) geestestoestand sal moeilik verbeter kan word, solank hierdie kragte uit die hiernamaals hul invloed laat geld. En die onwetendheid van hierdie kragte is nie geskik om verhelderend op die mense in te werk nie, bowendien bemoeilik hulle die toegang vir die ligwesens na hulle en slegs die ernstige wil van die mens self maak die weg oop vir die ligwesens. En daarom het `n aardse chaos, wat ontstaan het deur die wil van mense en wat baie lewens geëis het, ook `n geestelike agteruitgang tot gevolg, want ook na die dood van die mens sal sy gedagtes nog werksaam wees.

En die mense moet hulle beskerm teen die invloed van onryp, vroegtydig gestorwe mense deur vir hulle te bid en te vra vir beskerming deur die ligwesens, om korrek te dink en vir God se genade en krag. Dan sal die pogings van die duister geestelike kragte vrugteloos wees, want hulle sal by die mense geen gehoor vind nie en sal die siel geen skade kan berokken nie. Want dit berus egter by die wil van die mens self, of hy die goeie sal nastreef om met goeie kragte in verbinding te staan en of hy hom onverskillig wil oorgee aan die dwingende gedagtes van bose kragte.

Die mens kan homself beskerm, maar hy moet dit wil en gevolglik bose gedagtes en handelinge verafsku. Hy moet self `n weg bewandel wat beantwoord aan die gebooie van God, dan sal elke invloed vanuit die geesteryk wat deur lae kragte uitgeoefen word, sonder effek wees. Want lig dring oral deur waar dit begeer word, waar die goeie nagestreef word en geestelike vooruitgang vurig verlang word. Daar is die ligwesens onophoudelik besig en hulle verjaag alle duistere gedaantes om die mense, want hul mag is groot, sodra die mens hul hierdie mag toestaan deur sy wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205