BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wil – Genade (Teenwerping Filippense 2: 13)

1937 (Php 2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.)

Die geestelike stilstand sal kom, wanneer die wil van die mens te swak raak om struikelblokke te oorkom. Daar kan dan hoegenaamd geen suksesse geboek word nie. Alles is wel afhanklik van die genade van God, maar die mens moet sy deel doen om ryk beloon te kan word met genade. Hy moet wil en om krag vra, dan sal hy die weg omhoog kry. Daar bestaan geen manier wat die wil van die mens uitskakel nie en dus moet die wil eers aktief word. Daarvan kan die mens nie onthef word nie.

Sodra die genade van God as eerste bestempel word, sal die mens daarvan onthef word om sy wil aktief te laat word. En dit is `n dwaling wat weer verdere dwalings tot gevolg het. Tereg het die genade en barmhartigheid van God die mense vasgehou, wat hulle alle moontlikhede gee vir `n finale verlossing. Want dit is `n onvoorstelbare genade van God dat die mens sy weg oor die aarde mag aflê om weer by God uit te kom. Maar in die stadium van die vrye wil is slegs die vrye wil beslissend of daar verdere genade aan hom gestuur sal word al dan nie, omdat die aardse lewe andersins geen proeftydperk sou wees wat die mens moet verduur nie. God wil die suiwer waarheid na die aarde toe stuur. Dus moet Hy opheldering gee waar die mense dwaal of afgedwaal het. Hy moet regstel wat tot nou toe verkeerd verstaan is, want Hy wil die waarheid van die leuen skei. Stel die mens weerstand op teenoor die goddelike strewe om hom die waarheid te laat toekom, dan raak sy wil ook aktief, maar op `n God-vyandige manier en dit kan dan nooit in hom duidelik word nie.

God het die mens die vermoë gegee om te kan redeneer en `n vrye besluit te neem. Dit is weer die genade van God. Die vrye besluit is egter weer van die wil van die mens afhanklik, dus moet die mens wil hê dat die genade van God by hom werksaam sal word. Sy wil maak die hart oop, dat sy ontvanklik raak vir die genade van God en sy wil moet die genade van God ook gebruik. Hierdie duidelike insig laat die mens eers bewus word van sy verantwoording, terwyl die verkeerde opvatting tot nou toe, naamlik dat die mens tot niks in staat is sonder die goddelike genade nie en dat dit die wil van die mens daartoe bring om aktief te word en die drang om werksaam te wees in hom verlam. Daar sou dan ook nie van `n vrye wil van die mens gepraat kan word wanneer God self hierdie wil sou beïnvloed deur die oordrag van sy genade nie.

Die hulpmiddels staan die mens onbeperk ter beskikking, dus word dit vir hulle maklik gemaak om die wil werksaam te laat word, maar die laaste moet die mens uit eie beweging doen. Die eintlike doel van die lewe is die besluit in vrye wil vir of teen God. Gevolglik sal God nooit op hierdie besluit vooruitloop deurdat Hy die wil van die mens bepaal nie, want dan sou die doel van die aardse lewe gemis word.

En daarom word daar steeds weer boodskappe aan die mens gestuur, sodat hulle kan oplet en hulle kan losmaak van dit wat dwaling is, wat menslike voorstelling en menslike verduideliking tot `n dwaling laat word, sonder dat dit die bedoeling was om bewustelike dwaling te versprei. Maar begryplikerwys weeg juis hierdie uitleg swaar, dat dit God Self is wat die mense tot wil beweeg, want dit lei hulle tot `n verkeerde denke. Nóg word die Godheid korrek gesien, nóg die verantwoordelikheidsbesef van die mens daardeur versterk. Hy vertrou uiteindelik net op die goddelike genade wat die mens hanteer na gelang van die goddelike wil wat na hom toestroom in soverre God die mens genade gee. Maar dan sou hy ook nie ter verantwoording geroep kan word wanneer hy die doel nie bereik wat aan hom gestel is aan die begin van sy beliggaming nie.

Slegs in die vrye wil is hierdie essensie te vinde. Wie egter die vrye wil van die mens bestry, beskou homself as `n marionette figuur wat voortdurend deur `n hoër mag gelei word, sonder om daarby self op een of ander wyse aktief te wees. God se Wysheid en Liefde skakel `n onvrye wil uit, anders sou die positiewe ontwikkeling van die menslike siel onmoontlik gewees het en die lang gang oor die aarde nie daarvoor nodig was as God se wil die kandidate vir die ryk van God sou uitsoek deurdat Hy hulle sy genade laat toekom en wat dan sy vasgehoue mense na die hemelryk lei. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205