BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 253

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wegneming - wêreldoordeel

2211 Die wêreldoordeel sal skielik en onverwags losbars oor die mensdom en dit sal elke skepsel op hierdie aarde vernietig, want die aarde sal in haarself verander. Alles wat lewend genoem kan word, sal vernietig word deur `n gloeiende brandstorm wat die voorkoms van die aarde onherkenbaar sal maak vir die mense wat nou nog op die aarde lewe. Maar dit moet aan hulle verkondig word, omdat daar enkeles onder hulle sal wees wat beide op die ou, asook die nuwe aarde sal lewe en hulle sal getuig van die wonderwerke wat God aan hulle gedoen het.

Hulle sal die ondergang van die ou aarde in die vlees belewe en tog sal hulle nie daardeur geraak word nie, want die Heer sal hulle nader en dan sal Hy hulle oplig weg vanaf hierdie aarde. Hierdie weiniges sal `n sterk geloof besit en in liefde toegewy wees aan God. Hulle sal heeltemal volgens die wil van God lewe en sal daarom ook erg deur die ongelowige mense vervolg word. Daardeur sal hierdie Godgelowige mense in groot gevaar beland, maar die Heer sal hulle red, deurdat Hy self sal kom om hulle te haal. En dan sal daar `n skeiding plaasvind. Die goeie sal geskei word van die bose, die gelowiges van die ongelowiges. Dan ontneem God die mag oor alle geeste en geestelike substansies van Satan. Hy word dan opnuut gekluister in die vaste vorm en daarmee word die nuwe aarde gevorm.

Niks sal in sy ou vorm bly bestaan nie, want die tyd wat God toegestaan het vir die lewende geestelike substansies op aarde om uit die vorm te kom, het geëindig. Daar sal weer `n nuwe fase begin in die tydperk van verlossing en dit sal met verbasing deur die mense besef word wat op die nuwe aarde geplaas gaan word as stamouers van `n nuwe mensegeslag. Hulle sal nog die ou aarde ken, maar sal nou op die nuutgevormde aarde leef. En hulle sal nou ook die grootheid van God herken, Sy Wysheid en Almag en Sy oneindige Liefde, want hul oë sal `n tafereel sien wat hulle met verbasing en eerbied in hulself sal opneem. Dit sal `n ryk van vrede wees wat lieflik en grasieus sal wees om te aanskou en met `n menigte ongewone uiters bekoorlike skeppings van veelvuldige aard, maar heeltemal anders as die skeppings op die ou aarde.

Die mense sal jubel en God loof dat hul hierdie groot genade deelagtig geword het, sodat hulle nou die nuwe aarde mag meemaak. Hulle sal gou die voorafgaande verskrikkinge van die wêreldoordeel vergeet, ofskoon hulle nie self daardeur getref was nie, want God sal die vernietiging voor hul oë laat plaasvind, maar hulle sal ongedeerd daarvan afkom. En God sal hulle in lewende lywe verplaas na `n plek van vrede totdat Hy die werk van verandering volbring het en dan plaas Hy hulle op die nuwe aarde. Liefde, vrede en eendrag sal nou die mense met mekaar verbind wat die proses van verandering beleef het, hulle sal God loof, Hom dank en in diepe eerbied aanbid. Hulle sal lewe volgens God se wil en Hy sal hulle seën en `n nuwe geslag deur hulle voortbring wat vir `n lang tyd nie meer deur die teenstander verdruk kan word nie, omdat hy van alle mag ontneem sal wees. En dit sal `n tyd wees van vrede en verbondenheid met God, want God sal dan te midde van hulle vertoef, omdat liefde in hierdie mense sal woon. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205