BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 278

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lyding en sterwe van Jesus aan die kruis - versoeningsoffer

2342 Die lyding en sterwe van Jesus was die grootste offer van liefde wat `n mens ooit op aarde kon gebring het. Dit was nie `n versoeningsoffer van `n skuldige mens nie, dit was nie `n verdiende straf nie, maar `n offer wat gebring was vir die sondeskuld van ander mense vanuit Sy diepste liefde vir hulle. Dit was `n vrywillige versoeningsoffer wat Sy medemens moes vrykoop van sy verdiende straf.

Die kruisdood was `n onuitspreeklike foltering. En tog het Jesus dit gekies, omdat Hy wou ly uit oorgrote liefde vir die mensdom. Hy wou iets doen waartoe die mense nie in staat was nie. Hy wou die kwellinge op Hom neem sodat dit die mens gespaar kon bly. Hy het geweet dat die lot van die mense na die dood, lyding en swaarkry beteken, as regverdige straf vir hul wegval van God, d.w.s. teen die Godgerigte wil. En in sy liefde wou Hy die lyding en kwellinge verminder, deurdat Hy dit op Hom wou neem. Hy het dus hierdie leed vrywillig gedra, sodat die ander dit nie hoef te dra nie. En daarom het Hy die mees pynlike dood gekies - die dood aan die kruis - en offer hierdie onuitspreeklike kwellinge aan Sy Vader in die hemel. Hy het die versoeningsoffer aan Hom gebring, deurdat Hy gely en gesterf het vir die sondige mensdom. En die offer was God welgevallig, want Jesus was rein en sonder skuld. Hy was sonder sonde.

Daar was nie die geringste skuld in Hom nie, maar Hy het die dood gekies wat vir die grootste misdade boete gedoen het, wat bittere foltering behels het en wat eerloos was. Hy het Sy reine liggaam aan die kruis laat slaan deur mense wat in hul ververwyderde toestand van God aanhangers van Satan was. En Sy siel het daardeur ook onvoorstelbare kwellinge gely, tesame met die liggaam, want Sy reine siel het elke sonde gevoel as `n kwelling. Die siel wat liefde geword het, ly onder die liefdeloosheid. En tog neem Hy hierdie kwellinge daardeur op Homself om die lot van die mense draagliker te maak. Die offer was in erbarmende liefde aan God gebring en God het dit welgevallig aangeneem.

Die mens Jesus moes geheel en al van Sy liefde vir die wêreld afsien, alvorens Hy die offer kon bring. Hy moes Homself vrymaak van elke begeerte. Hy moes uit vrye wil bereid wees om alles op te gee, en eers toe was Hy tot hierdie offerdood in staat. Sy liefde was so groot, dat dit slegs na die mens uitgegaan het, maar nie na Sy eie liggaam nie. En omdat hierdie oorgrote liefde Hom daartoe gelei het om só `n offer te bring, het God dit aangeneem.

En so verlos Jesus die mensdom van die ewige dood, deur Sy lyding en sterwe aan die kruis, en dit het elke ander dood aan smarte en lyding oortref, omdat Sy liefde so groot was dat Hy bereid was om alles te verdra ter wille van die mensdom wat sonder Sy werk van verlossing - sonder die offer aan die kruis - ewighede lank sou moes ly, as hulle hul ondenkbare groot sondeskuld self wou aflos. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205