BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 481

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se werksaamheid in die mens - Krag

3517 Die mens moet bereid wees om alles op te gee indien hy die krag van God geheel en al in ontvangs wil neem, indien hy dit in alle volheid in hom wil laat invloei om daardeur iets bonatuurliks tot stand te bring. Wie alles opgee, wie sy hart heeltemal losgemaak het van aardse goedere, van die wêreld en haar bekoorlikhede, het die eieliefde oorwin.

En sy liefde kan maar net korrek wees, naamlik die liefde vir die naaste en gevolglik vir God. En hy sal voortdurend besig wees met werke van liefde. Hy sal daardeur in `n baie noue verbinding met God kan tree en Sy kraguitstraling direk in ontvangs kan neem. Want daar sal geen hindernis meer bestaan nie. Sy wil sal op God gerig wees en sy handeling sal ooreenstem met die wil van God.

Om jouself los te maak van die wêreld, beteken om jouself te verenig met God. Maar hierdie skeiding sal eers moet plaasvind, voordat die mens hom sonder weerstand kan oopmaak vir die kragtoevoer uit God. Die wil daartoe moet bewys word deur die daad. Want die wil om hom aan te sluit, kan ook bestaan by die mense wat nog louwarm is en wat op die wêreld gerig is. Hulle sal egter eers tot insig moet kom deur ernstige oorwinning van dit wat vir die mens op aarde begerenswaardig voorkom.

Maar dan ontvang hy meer as wat hy opgegee het, want die kraguitstraling uit God sal hom oneindig meer gelukkig maak. Hy sal in volle besit van die krag uit God die aardse lewe baasraak. Hy sal egter eerstens `n geestelike lewe lei en sal oor skatte beskik wat sy lewe ’n ryk inhoud sal gee, wat hy nooit meer sal wil misloop nie en wat hom sal aanspoor om voortdurend in die liefde werksaam te wees.

Hy sal `n kennis syne kan noem wat sy oorsprong in God sal hê en daarom die suiwerste waarheid sal wees. Hy sal groot insig hê en dit sal hom vry en gelukkig maak. Hy sal geen swakhede meer ken nie, geen vrees of angs nie, want die krag uit God sal nooit so iets toelaat nie. En sy strewe sal voortdurend wees om die wil van God te vervul, om Hom te dien en die naaste dieselfde geluksaligheid op aarde te besorg wat vir hom beskore is. Maar die krag uit God sal hom ook in staat stel om dinge te volbring wat buitengewoon sal wees en wat bo die krag van `n mens sal uitgaan. Sy wil sal die sterkte bereik sodat hy tot alles in staat sal wees in sy geloof aan die krag van God wat in hom sal werk.

Daar sal in hom geen hindernis meer wees vir die toestroming van die krag vanuit God nie en dan sal daar ook geen grense bestaan vir die werksaamheid daarvan nie. Want nou is dit God wat in hom werk. En die wil van die mens sal nou ook die wil van God wees, wanneer die aaneensluiting met God plaasgevind het. Ononderbroke onbaatsugtige werk van naasteliefde en die totale opgee van aardse begeertes, gee aan die mens op aarde die aaneensluiting met God. En nou sal die Liefde van God ook duidelik in die mens werk en sal hom beloon met onmeetlike geestelike goedere, naamlik met die ontvangs van die goddelike Woord, wat as direkte uitvloeisel van God, die grootste kragbron is waaraan hy hom nou kan versterk en lawe.

God Self sal nou in hom werk en die mens sal nou vol krag en mag wees. Sy wil sal slegs uitvoer wat God se wil is. En God se wil sal gerealiseer word deur `n mens wat die krag van God in homself sal hê. Maar vir sy medemens sal dit bonatuurlik voorkom, omdat hulle die krag van God nie in hulleself kan voel nie en ook geen begrip sal hê vir die werksaamheid daarvan nie. As hulle egter self die aardse materie sou oorkom, as hulle hulself ook daarvan sou wil losmaak, dan sal dieselfde dinge ook vir hulle moontlik wees en die toedrag van die ongewone werksaamheid van mense sou verklaar kon word, omdat die lig gelyktydig met die krag die mens toestroom, naamlik die insig in geestelike werksaamheid.

Lig en krag is een. En daarom sal dit vir die wetende mens glad nie bonatuurlik lyk nie, eerder net as `n verhoogde graad van geestelike vooruitgang. Hy sal weet dat al die onvolmaakte sonder krag en lig is, maar dat krag en lig die aandeel is van diegene wat ernstig na volmaaktheid streef en wie hom stap vir stap positief wil ontwikkel. En daarom sal die wetende mens ook alle vrees vir die wêreld verloor, omdat hy sal weet dat hy in innige verbinding met God staan en dat hy te alle tye op Sy krag aanspraak kan maak.

Hy sal dus gevrywaar wees van die aanvalle deur die wêreld, tot op die oomblik wat God se wil aan hom gestel het vir sy liggaamlike einde. En daarom sal hy niemand vrees nie, maar sal hy in staat wees om sy medemens vrees in te boesem, wat onkundig teenoor sy krag en mag sal staan. As oorwinnaar van die materie, sal ook elke boei van die materie van hom afval. Hy sal geestelik vry wees en dit beteken ook mag oor die materie, omdat dit onderworpe is aan die wil van God, wat tot uitdrukking sal kom in die mens wat met krag deurstroom word.

God sal in hom werk en die toestand van die mens sal gelukkig moet wees, om homself geheel en al aan die werke van God te kan oorgee en voortdurend aktief te wees volgens sy wil. Hy sal sy wil slegs gebruik om werksaam te wees in die liefde, naamlik om sy medemens te wys op die Liefde van God wat `n kosbare gawe laat toekom aan die mens wat hom met Hom wil verenig, wat die materie sal oorwin en dus ongehinderd die krag uit God in hom sal laat binnestroom deur voortdurend in die liefde werksaam te wees.

Hy sal die mense wys op die krag van die liefde wat haarself nou op ’n duidelike wyse sal uiter. Hy sal hulle inwy in die krag en mag van die goddelike Woord, wat tot liefde opvoed en wat die wegwyser is na God. Hy sal die mense met hul taak op aarde wil bekendmaak en sal poog om hulle te beweeg om hulle ook los te maak van die materie, wat waardeloos en verganklik is, sodat hulle geestelike goedere kan ontvang, sodat die krag van God ook by hulle geuiter kan word, sodat God self in hulle kan werk. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205