BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 401

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Soek eers die koninkryk van God

3226 Soek eers die koninkryk van God en jy sal die aardse lewe sonder sorge kan aflê oor dit wat die liggaam benodig, want dit alles sal jou ten deel val soos wat God dit belowe het. Want slegs een ding is belangrik, naamlik dat jy sorg vir die lewe van jou siel. Dan sal God self die sorg oor jou liggaam en sy behoeftes oorneem. Maar sodra jy die geloof in hierdie belofte verloor, sal jy vir jouself moet sorg en daardeur sal jy in die vangnette van die vyand beland, wat hom inspan om hierdie bekommernisse vir jou as die belangrikste voor te stel en wat jou daarvan wil weghou om aan jou siel te dink. En nou loop jy die gevaar om materialisties te word, om jou denke en handel slegs in te stel op die verkryging van materie, in voortdurende sorg vir die liggaam en daardeur die ryk van God te verwaarloos en uiteindelik net nog suiwer aards voort te lewe sonder om rekening te hou met die heil van jou siel.

Slegs een doel het God aan jou lewe op aarde gestel, naamlik dat jou siel haar positief moet ontwikkel. En om hierdie doel te bereik, moet jy jouself losmaak van die materie. Jy mag niks begeer, behalwe wat vir jou siel dienstig is nie. En jy kan haar ook in volle geloof van alle sorge vrymaak, wanneer jy dink aan die belofte van Christus, want sy Woord is die waarheid. En as jy in die eerste plek die koninkryk van God soek, dan vervul jy Sy wil, want dan sorg God ook vir jou. Die strewe van die mense is egter gewoonlik slegs ingestel op die instandhouding van `n goeie lewetjie vir die liggaam, en wel in oormaat, sodat die geestelike strewe op die agtergrond raak en daar begryplikerwys geen geestelike vooruitgang behaal kan word nie. En dit is as gevolg van die gebrek aan vertroue in die Liefde van God, Wie alles in stand hou wat Hy geskep het.

Met die geloof en die vertroue op die hulp van God kan die mens vryraak van enige aardse sorge. Hy kan maklik en veilig deur die aardse lewe gaan, sodra hy alle sorg aan sy sieleheil bestee, sodra hy heel bewustelik na die geesteryk streef, sodra hy poog om die wil van God in alles te vervul, en dus poog om die koninkryk van God te bereik. Maar die geloof hierin is byna nie meer onder die mense te vinde nie. En daarom bring dit vir hulle `n lewe vol sorge en moeite teweeg. Hulle laai vir hulself `n las op die rug, wat God die Heer belowe het om vir hulle te dra as hulle hul lewenstaak sal nakom, naamlik deur aan hulle geestelike welsyn voorrang te gee, bo die welsyn van die liggaam.

God onderhou die hele skepping. Hy sorg ononderbroke vir die bestaan daarvan. En alles ontwikkel volgens sy wil. En net so geld sy sorg vir die hoogs ontwikkelde skepsel, die mens, en sy aardse bestaan word net so gewaarborg as die van die hele skepping. Tog het God dit laat afhang van die wil van die mens. Hy het hom `n voorwaarde gestel waarvan die vervulling daarvan vir hom `n sorgelose bestaan sal verseker. Maar wanneer die mense hierdie voorwaarde nie in ag neem nie, dan sal hulle `n moeilike lewe op aarde hê, omdat hulle God se sorg vir die liggaam verloor het.

Die mens is die lewe op aarde gegee ter wille van sy siel en dus moet die siel eerste versorg word. Sy moet gegee word wat sy benodig vir haar geestelike vervolmaking en dit kan slegs uit die geesteryk verkry en ontvang word. Daarom moet die gedagtes van die mens eerstens op die geesteryk gerig word, want die aardse ryk bied nie die voeding vir die siel wat by haar ontbreek nie. Die aardse ryk vervul slegs die behoeftes van die liggaam en dit moet die mens homself gelowig en vol vertroue deur God laat doen, soos wat Hy belowe het. En daarom moet hy des te meer na die geesteryk strewe, wat nie aan hom geskenk word nie, maar wat hy in ooreenstemming met sy begeerte sal kry waarna die siel vra.

Werp daarom alle sorge op God. Hy sal die sorge van jou wegneem, hoe inniger jy die vereniging met Hom nastreef, hoe meer jou siel haarself losmaak van die aardse en slegs geheg raak aan dit wat die vereniging met God aan haar sal gee. En in Sy sorg sal jy waarlik geborge wees. Dit sal jou aan niks ontbreek nie, want Hy is vol Liefde en Krag. Hy kan jou versorg en Hy sal jou versorg as jy maar net op Hom, op Sy koninkryk afstuur. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205