BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 455

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ligwesens - Missie – Geestelike leiers

3391 Wie homself met God verenig, kan homself vir ewig nie meer van Hom skei nie. Daarom kan `n ligwese, wat homself ten behoewe van `n taak op aarde beliggaam het, ook nooit meer van Hom afvallig raak en in die mag kom van die magte van die duisternis nie. Hy sal al meer na God strewe, ofskoon hy ook op aarde as mens aan alle versoekinge blootgestel is en die ontwikkelingsgang moet aflê soos elke ander mens. Maar sy siel sal na God verlang en haarself vol afsku wegwend van die teenstander van God.

So `n mens sal deur en deur goed wees en daarom ook bekwaamhede ontwikkel wat hom sal uitwys as `n werktuig van God. Hy sal op aarde `n ontvanger van krag wees en sal daarom sy medemens kan lei en onderrig, want sy taak, wat die rede is van sy aardse bestaan, is om die mense op aarde as geestelike leier te dien. Die innige verbinding van die mens met God, wat sy siel reeds voor die lewe op aarde gehad het, maak hom tot `n voortdurende ontvanger van krag, dit spoor hom aan tot sy lewensopdrag wat hy ook pligsgetrou en met vreugde en oorgawe aan God vervul. Tog sal hy erg in die noute gebring word deur die magte van die duisternis, want hulle sal elke geleentheid waarneem om die vleeslike liggaam van die ligdraer te verswak en hom tot `n val te bring, want in hulle verblinding weet hulle niks van die hoëre wesens wat die ligwesens, wat op aarde beliggaam is, bystaan nie.

Hulle weet ook niks van die krag waarmee hulle innerlik vervul is nie en van hul mees innige liefde tot God nie, wat die mens ook verseker van die voortdurende beskerming van God. Hulle sien in hom maar net die mens op wie hulle hul verleidingskunste kan toepas en wie hulle op alle moontlike maniere probeer verswak. Maar hy word deur ligwesens omgewe en omdat hy self ontvanklik is vir elke uitstraling van krag uit die geestelike wêreld, beskik hy ook oor so `n mate van krag en barmhartigheid, dat hy dergelike versoekings kan weerstaan.

Die geestelike nood onder die mensdom vereis buitengewone hulpverlening en daarom het God Sy bodes na die aarde laat neerdaal, deels geestelik werkend, deels self as mense onder die mense, lewend, om op hulle in te werk en bo alles, om hulle te onderrig ooreenkomstig die goddelike wil. Hulle sal egter min genoegdoening vind aan die aardse lewe, want die Ewige Vaderland trek hulle onophoudelik weer na Hom toe.

Maar hulle sal eers die taak moet volbring waarvoor hulle die beliggaming as mens op hulself geneem het, want in tye van nood sal hulle werke vir God se Ryk van die grootste belang wees. Dit sal buitengewone krag en uithouvermoë vereis, asook `n wil wat heeltemal op God gerig is.

Bowendien sal die lewensomstandighede gedurende die eindtyd so moeilik wees dat die mense maklik sou faal, indien daar geen helpers en raadgewers was wat hulle behulpsaam sou wees nie, wie hul krag direk van God ontvang, omdat hulle heeltemal met Hom verbonde is. Hulle sal baie seënryk op die aarde kan werk en dus ook hulle taak nougeset volbring, totdat hulle weer in die geesteryk kan ingaan, totdat hulle hulself weer met God kan verenig van Wie hulle egter nooit geskei was nie, ofskoon hulle self op die aarde nie van hierdie verbinding met God bewus was nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205