BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 287

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die dwaalleer is `n struikelblok vir die mens wat na God soek

2372 Die geestelike soekende mens is in `n sekere sin nie vry solank as wat hy homself nie intellektueel kan losmaak van menslike leerstellings wat aan hom verkondig word nie, en wat nie ooreenstem met die suiwer waarheid nie. Sulke doktrines verhinder hom om tot ware insig te kom en so stel hy daardeur self vir hom `n grens aan sy kennis. Want alvorens hy hom nie vrygemaak het nie, kan die suiwer waarheid ook nie vir hom aangebied word nie, of wanneer dit vir hom aangebied word, herken hy dit nie as sodanig nie.

Weliswaar kom God die soekende mens tegemoet, maar Hy wil sonder bedenking aangeneem word. Verkeerde menings wat deur mense opgestel is, is egter struikelblokke wat in `n sekere sin nog `n skeidsmuur tussen God en die mens veroorsaak. Elke valse leerstelling wat die mens nie wil opgee nie, is so `n struikelblok wat die mens nog van God skei. God sal nou wel die mens aanspoor om die hindernisse uit die weg te ruim, d.w.s. dat ander mense sy oortuigings sal skud deurdat daar afkeurende kritiek teen hierdie misleide leerstelling opgebou sal word wat die mens sal beïnvloed om hierdie leer te verwerp.

Verwerp hy dit, dan sal hy ook spoedig die ware insig kry, want nou sal hy deur God Self onderrig word, wat aan hom die ware kennis sal gee, wat hy nou ook bereidwillig sal aanneem. Solank hy egter in sy verkeerde sienswyse volhard, sal dit nie lig in hom word nie. Hy sal dan nêrens `n samehang sien nie, omdat sy kennis maar gefragmenteerd is en nie voldoende is om mense te leer nie. Want gee kan slegs hy wat ook besit, nie hy wat self gebrek het nie.

Hoe gewilliger die mens dus is om die ware weg te bewandel, d.w.s. die goddelike wil te vervul, des te sekerder sal God hom tot insig bring, maar meestal sal dit `n langer tyd neem voordat sulke hindernisse, wat die insig onmoontlik maak, uit die weg te ruim. Daarom moet daar met alle geduld gepoog word om die verkeerde menings van mense te weerlê. En die liefde tot die mens bring dit ook tot stand wanneer `n mens self in die waarheid wandel en die waarheid dus ook verder kan uitgee.

Hy wat die waarheid in hom het, is `n oorwinnaar, want die waarheid is uit God en God kan nooit die mindere wees nie. Wie dus na God soek, sal Hom onherroeplik vind, want Hy sal Hom bekend maak aan elkeen wat Hom ernstig probeer vind. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205