BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 448

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lewende wesens – Aktiwiteit - Staat van dwang - Vrye wil - Van diens wees met liefde

3378 Alle wesens is besiel deur die wil om te lewe, dit is, elke geestelike wese streef daarna om aktief te wees, want in die begin was hulle vol krag en in staat om dit sonder beperking te gebruik. Die toestand van onaktiwiteit is dus pynlik vir die geestelike wese, omdat dit die wese se ware aard en bestemming heeltemal weerspreek. Om hierdie rede is hy altyd effektief genoodsaak om aktief te bly, maar in sy beperkte toestand, veral in harde materie, word hy verhinder, en dit veroorsaak groot pyn vir die gees. Gevolglik moet sy swakheid eers reggestel word om die wese se toestand draaglik te maak, en die geringste vloei van krag sal hom aanspoor om aktief besig te wees en lewe te openbaar, dit wil sê, elke lewende wese, van die kleinste plantjie tot die hoogste ontwikkelde skeppingswerk, die mens, is `n ontvanger van hierdie krag en is in staat om in verskillende grade werk te verrig, en dus is lewe binne-in hulle.

Elke lewende wese se aktiwiteit, met die uitsondering van die mens, word deur God bepaal, en die lewende wesens voer hul opdrag uit onder `n sekere wet van dwang, d.w.s. hulle maak hulself ondergeskik aan die goddelike wet van die natuur, waarvolgens elke skeppingswerk ’n taak het. Die geestelike wese se drang om te lewe, is egter so sterk dat hy hierdie wet nie sal teenstaan nie, maar sal sy roeping vervul, want sodoende sal hy toegelaat word om toenemend meer aktief te word. Om hierdie rede wys alles in die skepping ywerige aktiwiteit, alles buiten harde materie wat blykbaar dood is, wys lewe, maar dit het ook lewe, wat so ongemerk vir die menslike oog manifesteer, dat dit skaars opgemerk word en dus beskou word as leweloos, hoewel dit nie is nie.

Hoe meer `n geestelike wese ontwikkel het, hoe meer kan sy aktiwiteite, sy lewe, herken word deur die mens, en hierdie lewe in al die skeppingswerke moet hom die doel van die hele skepping laat oordink. Per slot van sake is die mens as sodanig in staat om hieroor te peins, terwyl hierdie vermoë by al die ander lewende wesens ontbreek. Die mens kan egter grootliks aktief word vanuit sy eie vrye wil. Lewensenergie vloei aanhoudend na hom toe wat hy kan gebruik om voortdurend te werk, en so kan hy reeds aansienlik naderkom aan die toestand van die oorspronklik geskape wese en hy kan in volle vryheid voordeel trek uit hierdie laaste stadium en onmeetlik krag kry en so in staat raak om weer aktief te skep en te vorm soos wat dit sy bestemming in die heel begin was. Maar sy aktiwiteit op aarde moet bestaan uit diensbaarheid in liefde. Slegs dit bepaal of die wese by die ware lewe sal uitkom. Hy kan ook die vermoë om te werk in die aardse lewe misbruik, deur aktief in liefdeloosheid te skep en te vorm, deur gebruik te maak van sy lewensenergie tot nadeel van sy medemens, want hy het ’n vrye wil, hy is nie meer in die toestand van dwang nie, dus gedwing om `n spesifieke taak te doen nie, in plaas daarvan het hy `n vrye keuse, maar hy sal ook verantwoordelik wees daarvoor en die gevolge moet dra.

`n Persoon wat sy krag misbruik, sal dit nogtans nie wil opgee nie, hy wil nie hê dat sy aardse lewe beëindig word nie, hy voel dat alle krag van hom af weggeneem sal word en is dus bang om te sterf, om sy toestand van krag te verloor. Daarteenoor is `n persoon wat liefdevolle diens lewer, net so oortuig is dat hy in die hiernamaals nog meer krag tot sy beskikking sal hê, sodat hy graag sy aardse lewe sal opgee ter wille van sy ewige lewe. Die toestand van oorvloedige krag dui altyd lewe aan, maar swakheid dui altyd die dood aan. Die geestelike wese vrees die dood en begeer lewe. Maar geen lewe bestaan sonder God nie, en God is liefde. Dus, die wese moet liefhê ten einde in staat te wees om te lewe. As hy egter die liefde ignoreer, dan sal dood, dus swakheid, sy lot wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205