BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 457

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Alomteenwoordigheid van God - Wese - Krag

3398 God is alomteenwoordig. Sy Gees is nie aan plek en tyd gebonde nie, want Sy Gees is Krag, Wie alles deurstroom en daarom oral en tegelykertyd aanwesig is.

Maar hierdie Krag is nie iets onwerklik nie, om welke rede Sy steeds en oral aangeroep kan word, omdat gedagte en Wil hierdie Krag besiel en die gedagte en Wil steeds werksaam word, ook in ooreenstemming met die aanroep, deur wesens, wat die ware uitstraling van Haar krag is en gevolglik dieselfde is as God, maar wat slegs in die allergeringste mate `n ewebeeld is van die mees volmaakte Wese.

God is oraloor, omdat Hy andersins nie volmaak sou gewees het nie, want volmaaktheid ken geen beperking nie, dit ken niks wat aan plek of tyd gebonde is nie. Die volmaaktheid van God kan egter nie deur mense begryp word nie, omdat die mens slegs die begrensde ken en omdat hy die Onbegrensde nie vir homself kan voorstel nie.

Daarom is dit ook moeilik om die alomteenwoordigheid van God vir die mens geloofwaardig te maak, want sodra hy hom die ewige Godheid as `n Wese probeer voorstel, sien hy slegs iets beperkend, wat vir hom maar net plaaslik en ruimtelik voor te stel is. Gevolglik probeer die mens met die uitdrukking “krag” om die ewige Godheid duidelik te maak, wat op sigself wel waarheid is, maar wat aan die persoonlike band van die mens met God sterk afbreuk doen, want dit kan volgens menslike verstand slegs met `n wese tot stand gebring word wat in staat is om te dink en wat `n wil het.

Die verbinding met God is egter absoluut noodsaaklik en daarom moet God as Wese erken word, wat ook heel maklik moontlik is, omdat elke skeppingswerk deur Sy Almag tot vorm geword het, ‘gewil is’ en openbaar dus die diepste Wysheid, dus `n volmaakte denke. En as `n skeppingswerk vir die menslike oog duidelik sigbaar is, word God se Almag ook in `n sekere sin bewys, omdat elke skeppingswerk `n uiting van God se Krag is, dus moet God Self daar wees waar Sy Krag tot uitdrukking kom.

As die mens ernstig daaroor nadink, dan sal die denkbeeld van `n Wese baie aanneemliker vir hom wees, omdat die sin en doel van die skeppingswerke geen twyfel laat ontstaan dat `n Wil vol Wysheid die grondslag daarvan is nie; en waar `n Wil is, is ook die moontlikheid om hierdie Wil uit te voer. Gevolglik kan die verbinding dus tot stand gebring word deur gedagtes waarin iets gevra word, omdat die mens in homself die oortuiging het om te kry wat hy versoek het, waarvoor hy gedagtes opgestuur het, sodat hy verhoor kan word en dat oral en te alle tye, daar aan hom ingewillig kan word vanaf die kant van `n Wese, wat volmaak is en daarom ook vol Liefde en Krag is.

Die Wese van God kan geensins as persoon voorgestel word nie, want dit sou volgens menslike denke `n beperking wees, wat ook moeilik aan die alomteenwoordigheid glo, want die Wese van God kan nie in `n menslike voorstelbare vorm gebring word nie.

Maar in Jesus Christus het die Oerkrag van God, die uitstraling van God, Hom gemanifesteer, d.w.s. Hy het `n liggaamlike vorm heeltemal vervul, Hy het m.a.w. `n Persoon geword (Jesus) wat in hierdie uiterlike vorm leef en derhalwe sigbaar geword vir hulle wat vir hulleself `n voorstelling van God wou maak. Want al Sy gedagtes het God tot vorm laat word deur Sy Wil, so ook die gedagte om Homself vir die mense aanskoulik te maak, sonder dat hulle deur die volheid van Sy Krag en Lig verteer sou word.

Volgens die natuurwet is `n sigbare vorm aan plek en tyd gebonde, en is eers ruimte- en tydloos wanneer hy homself volledig vergeestelik het, tog bly hy vir die mens voorstelbaar. En in die geesteryk kan die oog dan hierdie vorm aanskou en God dus sien van aangesig tot Aangesig. Maar God se Gees is oral en voortdurend werksaam, d.w.s. Hy laat Sy gedagtes deur Sy Wil tot vorm word. Gevolglik moet Hy `n Wese wees, omdat Sy Wil en Sy Wysheid in alles duidelik sigbaar is wat Sy Krag geskape het.

En omdat die ewige Godheid die verbinding met Homself tot stand wil bring, moet die mens ook glo dat God `n Wese is, want as hy Hom slegs as `n krag voorstel, sal hy hierdie verbinding nooit as te nimmer tot stand kan bring nie en dan sal hy sy aardse lewe tevergeefs leef, want `n geestelike vooruitgang moet die gebed tot God om genade as voorwaarde hê en dit sal slegs opstyg tot `n Wese Wat alomteenwoordig is, nooit egter tot `n krag, nie, waaraan die wil en die denkvermoë, dus die kenmerke van `n wese, ontsê word nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205