BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gewete

388 Die gewete is die korrekte wegwyser na die ewige lewe. En wie luister hoe sy innerlike stem hom vermaan en leer, sal nie hoef te vrees om verkeerd te gaan nie. En wanneer een van die kinders die weg byster raak, dan het hy nie gelet op wat die Vader deur die stem van die hart gevra het nie. En dit is die enigste verklaring daarvoor, naamlik wanneer die stem van die gewete steeds swakker en swakker word en uiteindelik alle waarskuwings in die mens verstil. Dan het die mens dit aan homself toe te skryf, wanneer dit vir hom moeilik word om die gebooie van God te hou. Want sy onverskilligheid teenoor die innerlike stem trek hom van die regte weg af.

Die liggaamlike oor van die mens neem eerder al die ander dinge op. Dit wil geen vermanings of waarskuwings hoor wat van binne, of wat vanuit die hart kom nie. En so word hierdie stem stadigaan swakker om uiteindelik heeltemal te swyg, omdat die roep van die wêreld hierdie innerlike stem verdring het en veel eerder gevolg wil word.

As daar `n waarskuwing ongehoor deur die hart en die oor by die mense verbygaan, dan sal daar ook geen verontskuldiging te vinde wees nie. En die mens wat nie doen wat die innerlike stem hom voorskryf nie, sal in die duister wandel.

God het die mens so geskep dat hy onderskeid kan maak, indien hy wil. Vir hierdie doel het Hy hom beheer oor homself gegee deur die stem van sy gewete. As hy hierdie stem hoor, dan sal dit vir hom gou duidelik wees tot watter nut en doel sy lewe bedoel is. En as hy hierdie stem getrou volg, sal hy ook tot insig kom. Dit sal hom altyd lei en die mens het geen ander wegwyser nodig nie, solank hy nie teen die innerlike stem veg nie, maar dit as `n permanente vermaning van God beskou. En hoe doelmatig het God julle nie geskape nie, dat julle julleself moet vorm en Hy daarvoor `n permanente begeleier gegee het en dat, op hierdie manier, niemand van julle sonder die bewys van Sy guns bly nie, dit wil sê, dat elkeen van julle mense hierdie innerlike stem baie goed kan verstaan en gevolglik nie as verskoning kan sê dat julle sonder waarskuwing of vermaning was nie.

Julle kan almal dink. En sou julle dan nie almal in jul hart kan voel wat reg en wat verkeerd is nie? En sal julle nie na jul vermoë altyd probeer om te doen wat reg is nie? Wanneer julle voortdurend vermaan word, dan moet julle die hemelse Vader dankbaar wees dat Hy Sy wil aan elke kind deur die stem van die gewete bekendmaak, alhoewel dit deur baie min mense op die regte manier herken word.

Hy praat met elkeen afsonderlik en so begin die werke van die Godheid aan julle mense vanaf die begin van die vrye denke. Die vrye wil word nie beperk deur die stem van die gewete nie, want julle kan dit aanneem, maar julle kan dit ook afwys. Maar dan sal julle die sagte opwelling wat julle met al die geestelike verbind, onderdruk en julle stryd op aarde sal veel moeiliker wees.

Wie vol liefde voor die Heiland buig, sal in die stem van die gewete die liefdevolle woorde van die Heiland verneem en hy sal al Sy begeertes vreugdevol nakom. En so sal die stem van die gewete vir hom `n ware steunpilaar wees vir al die geestelike denke en belewenisse. Want wie aandagtig na hierdie stem luister, sy gees en hart sal steeds meer verlig word. En dit sal hom nooit aan krag ontbreek om die poort na die ewige saligheid te ontsluit nie, want hy handel dan volgens die innerlike stem, soos wat die stem van God hom voorskryf. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205