BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Mammon - Materie

1476 Dit is `n groot gevaar en `n groot onreg, dat julle jul sinne te veel op geld plaas en dat julle julself nie van die materie kan bevry nie, maar dit eerder bly vermeerder. En julle doen en late sal steeds net gerig wees op die vermeerdering van aardse goed. En so sal julle ook geen kennis hê van die bekendmakinge wat die naderende einde aankondig nie. Julle leef in `n wêreld van wense, van die begeerte na die skatte van hierdie aarde en julle vergeet dat dit julle na benede trek, weer na die gekluisterde toestand. Die aardse lewe is aan julle gegee om `n geleentheid te hê om julle van sulke begeertes vry te maak, maar julle gebruik dit om dit te vermeerder. Julle laat jul steeds meer gevange neem en dink nie aan die ontsettende gevolge daarvan nie.

En julle denke is verblind, want julle herken ook nie meer die wortel van alle kwaad nie. Julle kan die leuen nie van die waarheid onderskei nie en julle verheug jul oor elke aardse sukses en julle geestestoestand gaan agteruit. Daar kan geen lig na julle toe kom wanneer julle goed voel in die duisternis nie, want julle bestry self die lig. Julle sluit jul af vir die voorskrifte van bo en julle gaan teen julself tekere, wanneer julle geen ag slaan op die Stem van God wat julle uitsluitsel wil gee oor die verkeerde rigting van julle wil nie. Julle laat slegs dit geld wat beantwoord aan julle liefde en omdat julle liefde die wêreld en sy goedere is, neem julle aanstoot wanneer dit as boos gekenmerk word.

Julle verwerp die Woord van God, wat julle redding moet bring uit die grootste nood. Julle rig al julle opmerksaamheid slegs op aardse gebeure en dink nie daaraan dat hierdie gebeure die gevolg is van verkeerde gedagtes en begeertes nie, wat julle maklik sal kan oorkom, as julle wil op God gerig sou wees, maar dit sal julle nou `n bittere stryd kos. Julle sal teësinnig afstand moet doen daarvan en verbasing sal julle aangryp, by die aanskoue van die waardevolle voorwerpe, wat ten prooi sal val aan die vernietiging. En as julle dan die onwaardigheid van aardse goed insien, sal julle gered word. Maar wee diegene wie se hart hom nog nie kan losmaak van die goedere van die wêreld nie. Daar sal vir hulle op die aarde geen redding meer te bring wees nie, want hulle is nog te veel met die materie verbind en nog te ver van God verwyder, om sy beheer te kan raaksien.

Dit sal diegene tot voordeel strek, wat alle aardse wense bestry, want hy sal ook helder en duidelik die sin en doel van alle gebeure insien vir die verdere ontwikkeling van sy siel. Maar wie steeds maar net die wêreld sien en die skade net suiwer aards wil afwend, ontbreek nog aan die korrekte insig. Sy denke is verward en hy sal hom steeds verder van die waarheid af verwyder, want hy soek en begeer haar nie, maar is heg verbind met dit wat die eiendom van die teenstander is. Sy gedagtes is verward en gevolglik sal ook alle gevolgtrekkings dwaling wees, tensy hy sy verlange na aardse goed in hom doodmaak en slegs geestelike goedere begeer. Dan eers kan dit in hom lig word en dan eers sal hy die oorsaak van die liggaamlike en geestelike agteruitgang van die mens insien. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205