BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lig is lewe –Invloed van God se boodskappers

236 Salig is hy wat My Woord aanvaar en sy hart verlangend na My wend. My liewe kind, doen altyd jou werk in My barmhartigheid, en bly getrou aan My. Kyk, om die Heer te wil dien met eindelose toewyding sal jou naby aan die hemelse poorte bring, en jou begeerte sal altyd meer en meer opreg word, want My Liefde sal jou nie laat gaan nie. In elke skepsel sien jy God se lewende skepping, en elkeen van God se lewende skeppings is op sy beurt deel van die ewige lig, en lig is lewe. Daarom streef na die lig as jy vir ewig wil lewe.

Die goddelike lig het neergedaal na die aarde om lig te bring aan hulle wat in duisternis leef. Maar in My Vader se koninkryk sal die ewige lig skyn vir almal van julle en julle sal nie nodig hê om enige duisternis te vrees nie. Streef daarom op die aarde na die goddelike lig. Berei jou hart voor vir die Verlosser in hierdie nag, sodat Hy ingang sal vind. Al jou geestelike vriende wil jou help, sodat alles wat jy het om te doen, tot die eer van God en tot jou voordeel sal wees.

My kind, in hierdie nag reis baie boodskappers deur die land, hulle soek ver en wyd om die Verlosser se wil te vervul, deur mense se gedagtes te rig op die uur van Christus se geboorte en sodoende weer te probeer om hulle ontvanklik te maak vir sy leerstellings en die doel van Sy lewe op aarde. Elke poging van ons het ten doel om weer `n geestelike verbinding tussen die aardse kinders en die geestelike wesens om hulle te skep, sodat ons hulle kan help om weer kontak te maak met die Hemelse Vader, die Verlosser. In hierdie nag gaan baie gedagtes na die hemel. O, as ons net in staat was om hulle harte diep in te dring sodat hulle nooit weer hierdie gedagtes sal laat gaan nie, dat hulle kan begin om hul gedagtes elke uur van elke dag in hierdie rigting te wend! Hoeveel genot sal ons nie in staat wees om aan ons geliefde Verlosser te gee nie, en hoe voordelig sou dit nie wees vir mense se siele nie. En die barmhartigheid van God, die Heer sal hulle strewe altyd seën en hulle die krag gee om te werk om hulself van nou af te verbeter, ten einde hulle siele in hierdie lewe te verbeter.

Dikwels kan ons niks doen as om te sien hoe die weg boontoe steeds moeiliker vir die aardse kinders word nie. Hoe hulle hulself vervreem van alles wat goddelik is en gesindhede aanneem wat nie in harmonie met die leringe van ons Heer Jesus Christus is nie. Ons sien en is nie in staat om te help nie, want hierdie mense vra ons nie om hulp nie. Ons voorneme om hul gedagtes te beïnvloed is tevergeefs, hulle verwerp alles, en gedurende sulke tye is elke poging om die mense te help, vrugteloos. Maar op hierdie oomblik is mense se harte dikwels toeganklik vir sulke emosies, dit is `n geseënde tyd wanneer so baie mense se gedagtes onbewustelik in die geesteryk dwaal, en waar ons dit bemerk, is ons dadelik gereed om hierdie gedagtes verder te lei en `n klein vonkie van begrip in hulle siele aan die brand te steek. Ons wil siele na die Heer lei, en die lig van begrip aan die mense bring. Ons wil graag die siele uit die duisternis ruk en hulle in `n toestand van salige geluk plaas deur die insig en begrip van die goddelike Waarheid, sodat hulle nooit weer in geestelike duisternis sal wandel nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205