BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sigbare aanwesigheid van die Verlosser - Graad van Liefde

1077 Wie My soek, sal My ook herken waar Ek hom ontmoet, want sy gees is uit My en dus sal niks hom van My skei nie. Ek sal in lewende lywe wees onder hulle wat Myne is en hulle innerlike stem sal My aanwesigheid aan hulle verraai. En wanneer hulle My wil dien, sal hulle swyg en My nie in die openbaar bekendmaak nie, want Ek is dan slegs sigbaar vir die kind wat in die innigste liefde met My verbind is. Ek sal vir daardie kind sigbaar wees, dog vir die ander, wie se gees My nog nie herken het nie, verborge wees. Maar die uur van My koms is vir julle nog `n geheim, want slegs die graad van liefde sal My tot julle en tot in julle midde voer.

Die belofte wat Ek Myne gegee het op aarde, sal getrou, woord vir woord vervul word, want op aarde sal hulle wat My in hulle dra, My mag aanskou. En elke woord uit die mond van so `n kind sal getuig van My heerlikheid en sy stem sal helder klink wanneer hy My lof en ere toesing. Sodra Ek onder julle, My kinders, vertoef, hoef julle nooit meer die aardse leed te vrees nie, want dit sien julle nie meer raak wanneer julle in My Vaderoog gekyk het nie, want dan sal aardse leed julle nie meer kwel nie.

Ek kom na Myne om hierdie krag vir hulle te bring, sodat hulle die stormloop, wat hulle van buite af bedreig, kan trotseer. My Gees sal julle dan leer om die wat honger is en die wat dors is te kan voed en laaf. Oral waar julle saamkom om My woord te verkondig, daaraan sal Ek ook deelneem en hulle versterk wat in My Naam spreek. Sodoende sal Ek Myself bekendmaak deur die mond van die mense, want Ek kies My stryders. Hy wat saam met My en wat van voornemens is om slegs vir My te stry, sal ook die krag ontvang om goed te kan stry met die “swaard van sy mond”. En dan sal hy as oorwinnaar uit die stryd tevoorskyn kom, omdat dit Ek is wat hom lei.

Wie My aanskou, kan nie meer anders as om My met sy hele siel te dien nie. Hy vrees dan ook geen teenstander meer nie, want angs en moedeloosheid is vir hom dan vreemd omdat My beeld onuitwisbaar in sy hart afgedruk is en vir hom van nou af aan die stimulant is tot die hoogste ontplooiing van sy wil.

Die wêreld sal die krag van hom wat vir My opkom met verbasing ondervind. Hulle sal hulle wel teen hom draai, maar sal nie sy wil kan verswak nie. As moedige stryder sal hy nou onvermoeid veg en sal nog vele siele na die ligvolle ewigheid toe lei, want hulle sal deur hom tot die besef kom van die krag en die mag van die geloof in My, die Heiland en Verlosser van die wêreld. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205