BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 403

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wet - Geregtigheid – Rasse – Nasies

3227 (b) Die aarde bevat die mees uiteenlopende nasies en rasse, wat in geheel ook verskil in hul graad van ontwikkeling. Tog het geen nasie die reg van God ontvang om minder ontwikkelde nasies te onderdruk of om hulle te ontneem van hulle regte nie. Hulle moet sekerlik `n opvoedkundige invloed uitoefen, indien hulle geestelik hoër gevorderd is, hulle moet swakker nasies beskerm teen sterker verdrukkers, maar `n spesifieke etniese oorsprong moet hulle nooit keer in die uitvoering van hul menslike verpligtinge teenoor `n medemens nie.

Want hulle moet altyd in gedagte hou dat alle mense God se lewende skeppings is, en dat niemand geregtig is om sekere mense uit die gemeenskap van state te werp of om hulle te verdruk en hulle te laat swaarkry nie. Eendag sal hulle hulself moet regverdig hiervoor en hulle sal geoordeel word soos hulle self geoordeel het. Enigeen wat sy medemens hard of sonder liefde behandel het, ongeag van watter etniese groep hulle kom, sal ook net hardheid en liefdeloosheid maai, hy sal geen barmhartigheid vind nie en moet ook nooit `n ligte oordeel verwag nie, want hy sal ontvang volgens sy gedrag, sy wil en sy dade, En daarom moet die mens altyd verantwoordelik wees teenoor homself of sy gedagtes en werke regverdig is.

Geregtigheid vereis egter dieselfde regte vir almal sonder onderskeid. So gou as wat selfsugtige liefde sterk word, trek die gevoel van geregtigheid terug, dan sal die mens gewetenloos vir homself neem wat aan sy medemens behoort. En as hele nasies oorheers word deur hierdie denkwyse, sal daar nooit vrede op aarde wees nie, want die sterkes sal die swakkes onderdruk, of dié van gelyke krag sal lyding en ellende teenoor mekaar veroorsaak en daar sal geen einde aan die teenspoed wees nie. Geen hartelose optrede kan geregverdig word met die beswaar dat ander wette van toepassing is op ander rasse of volke nie, sodat hulle nie kan aanspraak maak op dieselfde menseregte waarop `n persoon van hulle eie etniese oorsprong geregtig is nie.

Alle mense is gelyk voor die aangesig van God, dieselfde wet is van toepassing, altyd en tot in ewigheid voor God, jy moet jou naaste liefhê soos jouself, en elke mens is julle naaste, ongeag van sy rasse- of nasionale herkoms. En so lank as wat hele nasies vasgevang is in verkeerde denke dat hulle ander regte het as die ander, sal onreg ook hand uitruk, mense sal in `n konstante toestand van geskil wees, weer en weer sal vyandelikhede nuwe voeding kry wat sal aanleiding gee tot toenemende erger gedagtes en aksies, want die gebod van naasteliefde sal geïgnoreer bly en dit sal lei tot sondige aksies. Dieselfde standaard vir jouself en jou eie begeerte moet altyd toegepas word; wat `n persoon vir homself wil hê, moet hy nie wegneem van sy naaste nie, anders sal ongeregtigheid voortdurend groei en daarmee saam `n toestand wat ook mense se denke sal verwar. Hulle sal die krag verloor om te oordeel tussen reg en verkeerd, omdat hulle dit self prysgegee het, aangesien hulle self nie regverdig en billik wil dink nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205