BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 295

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geestelike dwang - Menslike gebooie –veg teen Christus se onderrig

2412 Alle geestelike dwang moet veroordeel word, omdat die mens se aksie wat hieruit voortvloei, waardeloos by God is.

Slegs totale vryheid van wil bepaal die waarde van die aksies van mense. Daarom moet hulle ingelig word oor die onderrig van Christus, maar hulle mag nie verplig word om `n spesifieke lewenstyl a.g.v. reëls en regulasies te lei nie, wat hulle dan pligsgetrou en uit gewoonte sal onderhou. Die mens moet verseker onderrig word om korrek te dink en hulself korrek te gedra, maar hulle moet altyd net op die regte of verkeerde van hul aksies gewys word. Hulle moet meegedeel word om liefde te beoefen, maar hulle moet nooit aangespoor word deur reëls wat nie by hul innerlike wil aanpas nie. Slegs die gebod van liefde moet onderhou word en daarom ook onderrig word, omdat elkeen wat die gebod van liefde vervul, hulle harte so omvorm dat hulle die dinge sal wil doen wat aan God se wil beantwoord. Maar gebooie wat `n persoon verplig om sy lewe op `n bepaalde manier te lei, alhoewel die nalaat om daaraan te voldoen, nie liefdeloosheid teenoor ander mense wys nie, word nie deur God gegee nie, dit staan dus buite die leer van Christus, omdat hierdie onderrig slegs liefde preek, wat egter nie poog om die vervulling van die goddelike gebooie deur middel van eksterne krag te bereik nie.

Want die mens moet homself in uiterste vryheid van wil kan omvorm as hierdie transformasie van gedagtes ewigheidswaarde moet hê. Die vryheid van wil word egter beperk sodra `n verpligte transformasie geëis word. Elke goeie daad wat nie uit die hart kom nie, wat dus nie deur die innerlike drang van liefde gedoen word nie, sal slegs waardeer word vir wat dit in werklikheid is, die uitvoering van `n plig sonder die warmte van hart.

En daar is `n groot gevaar dat die mens te min verantwoording aan homself sal gee vir sy gedagtes en dade, omdat hy glo dat hy gedoen het wat hy op aarde moes kom doen en hierdie geloof het sy ontstaan in die gebooie wat die mense tot die onderrig van Christus bygevoeg het. Slegs die goddelike onderrig van die liefde moet aanvaar word as die onderrig van Christus, maar nooit menslike gebooie wat poog om iets anders te bereik as slegs ware dade van liefde nie.

Waar liefde onderrig word, moet liefde ook beoefen word en dade van liefde moet verstaan word as alles wat vir ander mense voordelig is. Dus word van die mens verwag om goed te doen aan sy medemens en daarom sal die goddelike onderrig van liefde slegs van die mense verwag dat hulle hul medemens teen skade sal beskerm of hulle voordeel sal soek. Wanneer die mens die welsyn van sy medemens oorweeg, leef hy binne die liefde, omdat dit hom aanspoor om ander mense te help. Dit is die ware dade van liefde wat deur God van die mens vereis word en wat aanhoudend deur Jesus Christus in die wêreld beoefen was. Maar as dit van die mens verwag word om iets te doen, alhoewel die nievoldoening daarvan geen skade of pyn aan ander mense gaan bring nie, dan is dit a.g.v. menslike wette, wat nie met die onderrig van Christus verwar moet word nie.

Nietemin bestaan daar groot gevaar dat die gebooie van liefde ten gunste van hierdie menslike toegevoegde gebooie geïgnoreer sal word en dat die betekenis van die onderrig van Christus in die liefde, nie erken sal word nie, wat duidelik is deur die feit dat die mensdom, onbewus van die ware waarde, die onderrig van Christus in die liefde, ten volle wil vervang, omdat hulle meer aandag skenk aan gebooie wat die mens min of meer verslaaf, omdat dit geestelike dwang verteenwoordig.

Die wêreld neem aanstoot hierin en probeer om daarteen te veg en om alles te vervang, met inbegrip van die suiwer onderrig van Christus wat slegs liefde gepreek het. Alles wat deur die mense toegevoeg word by die goddelike onderrig van liefde, word slegs gedoen om die suiwer onderrig van Christus met valsheid te infiltreer, omdat dit afwyk van dit wat Jesus Christus die mens nagelaat het as Sy werke. Maar slegs dit wat van God is, sal bly, maar menslike werke sal vergaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205