BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Misbruik van die gawes wat die mens van die dier onderskei

2083 Ongestoorde lewensgenot is die doel en strewe van die mense wat nog in die donkerste geestelike nag op aarde leef. En sodra hulle dit verwesentlik het, geniet hulle die lewe ten volle en leef dus maar net vir die liggaam, terwyl die siel met leë hande vertrek. En wanneer die mense hulleself alleenlik tevrede stel met liggaamlike genot, is die toestand uitermate onvolmaak te noem. Dit getuig van `n suiwer materiële gesindheid, die mens is dan slegs `n vorm sonder inhoud, hy is iets anders, d.w.s. hy is laer te waardeer as elke ander skepsel waaraan verstand en vrye wil ontbreek, want die laasgenoemde word nie deur hierdie mense gebruik nie, of op `n totaal verkeerde manier.

Die gawe wat die mens onderskei van die dier, moet die positiewe ontwikkeling van die siel ten doel hê, die gebruik daarvan moet enkel en alleen die omvorming van die siel tot stand bring. Die mens gebruik egter net hierdie gawe om na liggaam `n luukse lewentjie te lei en daarom misbruik hy dit.

In hierdie geval is die omstandihede van die individuele mens onbelangrik, want slegs die strewe na die plesiere van die lewe alleen, is `n misbruik van die lewenskrag wat hom toegestuur word, sowel as die gawes wat God se Liefde aan hom stuur.

Of die lewe aan hom vervulling bring al dan nie, verander niks aan die feit dat hy deur sy verlange die duisternis van die siel vererger nie, want die denke daaroor en die strewe daarna hou die siel van haar eintlike taak af weg. Die lewe kan dus ook leeg bly en ontneem van aardse vreugde en tog bring dit geen vooruitgang vir sy siel nie, omdat haar verlange gerig is op aardse genot. Vervulling daarvan word aan baie geweier, om hulle denke en strewe af te wend en om hulle te rig op geestelike belewenisse en tog vind hulle nie die weg na die geesteryk nie. Die hoogste doel vir hulle bly hulle aardse genot. En so `n gesindheid verminder nie die verwydering van God nie en is dus die oorsaak van `n onvoorstelbare tekort, met verreikende gevolge aan die einde van hulle aardse lewe en hierdie tekort kan nie meer herstel word wanneer die siel die aardse liggaam verlaat nie.

Andersyds kan `n kort tyd op aarde genoeg wees om die versuimde in te haal, as die mens die vorming van sy siel ernstig sal opneem. En daarom word die mens in sy laaste lewensjare steeds meer gekonfronteer met geleenthede wat hy maar moet benut en dit sal vir hom, as hy bereidwillig is, onvergelyklike seën bring, want God laat siele wat op `n dwaalspoor gebring is, nie sonder hulp nie, ook nie wanneer die mens dit nie aanvaar nie, d.w.s. deur sy gesindheid teenoor wêreldse vreugde en aardse goedere hom na die teenstander van God gewend het. God worstel vir hierdie siel tot haar dood. Oor en oor staan Hy met Sy hulp gereed en lei Hy haar gedagtes om gerig te word na die geestelike gebiede. En oor en oor word sy wil geleentheid gebied om te kies. Want die goddelike Liefde is so dat Sy nie sal laat gaan wie homself van Hom wil losmaak nie.

Maar God sal nooit beslissend ingryp in die wil van die mens nie, maar wel duidelik die mense bymekaar bring wat mekaar kan aanvul, d.w.s. Hy laat oningeligte mense in verbinding kom met hulle wat hom van diens kan wees deur onderrig en lering. Hierdie is `n moeilike taak solank die wêreld nog bekoring inhou en die wil daardeur verswak is om enige geestelike waarheid aan te neem. Maar af en toe is ook slegs klein pogings voldoende dat die mens daarvoor ontvanklik word en wel wanneer die wêreld hom minder aantrek. Onvervulde verlange kan ook daartoe lei dat die verlange oorkom word en dan was dit ryklik geseën. Dan was die stryd teen homself, teen die eie begeertes, vir die mens maklik gemaak, deurdat die vervulling daarvan weerhou was. En dit is ook `n genade van God wat tot `n ware beslissing van die wil kan lei. Eendag sal die mens God dank vir wat hulle dikwels so bitter en hard veroordeel het, as hulle suksesvol sal wees, of hulle sal bitter spyt wees as hulle dit ook geïgnoreer het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205