BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die proses van oordrag is `n daad van geestelike uitstraling van krag

2105 Geestelike kontak sal altyd en tot in ewigheid gemaak kan word, maar selde op sulke ooglopende maniere waarop die werking van geestelike magte duidelik herkenbaar sal wees. Indien so `n kontak van die anderkant af na die aarde plaasvind, dan dien dit ook `n doel en dit verduidelik dan ook dat die inhoud van die openbaringe wat aan mense van bo oorgedra word, versigtig beveilig word. Alle voorbehoud met betrekking tot die geloofwaardigheid daarvan moet tersyde gestel word, want dit wat bedoel is vir die hele mensdom en nie net vir `n individuele mens nie, word nie willekeurig of sonder onderskeid aan `n persoon meegedeel nie. Die geringste teenstrydigheid in die inhoud sou veroorsaak dat die mens dit verwerp. En omdat dit God se wil is om aan hulle `n suiwer leerstelling te gee, sal Hy ook verhoed dat die inligting van bo vol foute is.

Die magte wat dit gee, word nie na willekeur toegelaat om te onderrig nie, hulle ontvang hul opdragte van God en kan nie volgens eie wil byvoeg nie, want hulle voer slegs die goddelike wil uit. Hulle lewe self in waarheid en sal uiteraard nie onwaarheid versprei nie. Onkundige wesens is egter magteloos. Hulle is beslis in staat om die gedagtes van die mense te teister wat op hulle selfde vlak van onvolmaaktheid is, maar hulle besit nie die vermoë om korrekte manuskripte te dikteer nie, want wêreldse vermoëns is uitgesluit in die hiernamaals, sodra die toestand onvolmaak is. Die proses van oordrag van geestelike openbaringe op hierdie manier is `n daad van geestelike oordrag van krag. Slegs `n ligwese is in staat om geestelike krag te versprei, want hy is ook `n ontvanger en draer van krag. Maar onkundige wesens, of wesens met onvoldoende kennis, het ook nie krag nie, gevolglik kan sulke transkripsies nie plaasvind nie, omdat dit uiteraard die uitstraling van geestelike krag is. Die lewenskrag wat aan mense toegeken is, is nie genoeg om dokumente van geestelike inhoud binne so `n kort tydjie te produseer nie.

Geestelike magte is dus onmiskenbaar aan die werk, en ander kragte, buiten die kundiges, is nie in staat om iets te gee wat hulle nie self besit nie. Kundige kragte is egter verenig met God, d.w.s. hulle wil is God se wil, en wat hulle onderneem, is God se opdragte. Sou onkundige kragte in staat gewees het om dit te doen, sou hulle valsheid versprei het oor die hele wêreld en die geestelike chaos sou onberekenbaar gewees het.

Onvolwasse wesens is egter beslis in staat om net sulke onvolwasse mense verstandelik te lei in `n heeltemal verkeerde denkwyse, `n heeltemal verkeerde gesindheid onder die mensdom, maar dit was egter altyd bereik deur beraadslaging. Maar mense wat uitsendings ontvang sonder beraadslaging, ervaar veraf gevolge van geestelike krag, wat geestelike wesens met buitengewone krag tot hulle beskikking, oordra na `n ontvanklike aardse kind wat slegs sy wil oopstel, dit wil sê, wat homself oopstel as `n ontvangsterminaal. Hierdie proses is sigbaar herkenbaar, want die resultate bestaan, dit kom tot stand sonder enige hulp, dit kan nie verduidelik word as `n produk van menslike intelligensie nie, want intelligente denke is nie in staat om sulke inhoud te produseer binne so `n kort tydjie nie. Gevolglik moet dit die werking van `n krag wees wat van buite die aardse sfeer afkomstig is. En as `n krag herken word, dan kan slegs goeie wesens die gewers wees, want net hulle alleen kan krag versprei en stuur, omdat hulleself met krag deurdring is, omdat hulle ontvangers van die krag van God is, daarom deel hulle ook God se wil.

Die feit dat die proses buitengewoon is, word baie gou geïgnoreer en die inhoud word baie sterk gekritiseer. Dit kan egter nie weerlê word nie en dit alleen behoort genoeg te wees om `n gewer af te lei wat nie in die koninkryk van die bose gevind kan word nie. Die teëstander gebruik werklik ander maniere as om die mensdom te verwys na dit wat goed en edel is, hy verkondig nie liefde nie, maar haat, hy probeer nie om lig te bring nie, maar om mense se denke te verwar. Maar hier word wysheid duidelik en verstaanbaar aangebied aan mense, wat net ingeligte kragte in staat is om oor te dra, en alle kundige wesens werk in opdrag van God. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205