BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 412

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Doel van ‘n vroegtydige dood

3258 Voortdurend word die mense herinner aan die verganklikheid van aardse dinge en hulle word aanhoudend gekonfronteer met die dood wanneer tallose mense vroegtydig sterf en hulle magteloos staan in die lig van sulke gebeurtenisse wat smart en ellende oor die mense bring. Maar nog verander hul gesindheid nie en dink hulle nie na oor die eintlike oorsaak van die lyding en die ontydige dood van mense nie. Daarom sal die smart steeds pynliker vorme aanneem. Die mensdom sal die komende wêreldgebeure vol ontsetting volg en verstyf van skok oor die omvang van die rampspoed wat hulle gaan verswelg, want hulle vra daarvoor, aangesien hulle hulleself nie wil verander nie en hulle kom glad nie onder die indruk van die ellende van die tyd nie en sal dus geen voordeel daaruit trek vir hulle siele nie.

En daarom gebruik God die sterkste middele om hulle wakker te skud uit hul traagheid, want ten spyte van mense se wêreldse en liggaamlike lyding, sal hul siele harteloos bly, sal hulle onverskillig bly teen die houe van die noodlot, andersins sou hulle gepoog het om te verander, indien hulle kennis sou gehad het dat hul geestelike houding die oorsaak is van die toenemende smart op aarde.

Vandaar moet baie mense vroegtydig van hierdie lewe vertrek, omdat `n langer lewe hul siele eerder tot nadeel as tot voordeel sou strek, want hulle sou hul geloof heeltemal verloor en slegs sorg gedra het vir hul fisiese bestaan. Ten spyte van hul gebrekkige toestand van voltooiing, laat God dit toe dat tallose mense hul liggaamlike lewe verloor, om hulle agteruitgang te verhinder, om hulle nog die geleentheid te gee om ten volle volwasse te word in die hiernamaals, want die toestand op aarde is nie vir hulle verborge nie en hulle kan ook die ontwikkeling daarvan waarneem en bewus raak daarvan dat, deur die verwaarlosing van hulle siele, deur `n verkeerde lewenswandel, deur ongelowigheid en liefdelose denke, die mense self verantwoordelik is vir die ernstige lyding op aarde.

Ook kan die mense wat reeds vroegtydig deur God weggeroep is vanaf die aarde, nog tot insig kom wanneer gekonfronteer word met die dood, hulle kan nog waarlik verenig met God, hulle kan nog gereinig word deur intense lyding en dan `n verhoogde graad van volwassenheid bereik wat hulle nie met `n langer lewe op aarde sou bereik het nie, en dan word `n vervroegde vertrek vanaf die aarde tot seën vir hulle. En ongeag hoe groot die aardse lyding ook al is, dit is maar net `n middel tot voordeel van die siele, maar word deur weinig mense as sodanig ingesien. Die omvang van die lyding is bedoel om hulle weg te rig na God, wat elke nood verdryf, indien die mens gelowig vir Sy hulp wag. Waar hierdie geweldige lyding egter ook onsuksesvol is, wanneer die mense Hom vergeet en daardeur in die grootste gevaar verkeer om totaal op die afgrond af te stuur, beëindig God menige aardse lewens en laat Hy skynbaar onmenslike rampe toe, want Hy dink verewig aan die mense se siele en sy oogmerk is om hulle te red, ofskoon die liggaam as resultaat sal vergaan, want God doen nooit iets verkeerd nie, maar net wat goed en tot seën is vir die siel van die mens. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205