BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien- Mat.5:8

2046 In die reinheid van die hart lê die sekerheid dat die mens hom in die waarheid bevind. Wie boosheid doen, dink ook boos, wie egter sy bes doen om skoon en rein te bly voor God, sy denke sal ook dienooreenkomstig wees. Die mens wat suiwer van hart is, sal ook alles verafsku wat teen die goddelike gerig is, hy sal in die diepte van sy hart kan dring, omdat geen onsuiwerheid hom belet nie en ook sal die wysheid in hom opstyg, omdat hy geen hindernis ondervind nie.

En elkeen wat in en met God leef, sal suiwer van hart wees, wat met Hom verbind bly, wat sy lewe bewustelik leef, d.w.s. wat sy taak op aarde insien en hom aan God oorgee en steeds sy bes doen om Sy Wil te vervul. Hy sal sonder God nie meer wil en kan lewe nie en alle onsuiwer gedagtes sal ver van hom bly, hy sal, as hy sou verswak, vir God innig om vergewing vra, omdat sy hart die onreg insien en dit dus nie bewustelik sal wil doen nie. Hy sal hom inspan om die ware weg te gaan en God om krag en genade vra.

Die suiwerheid van die hart moet dus ook tot gevolg hê dat die mens korrek dink, want omdat die hart die houer is wat waarheid uit God opneem, as die mens sy bes doen om dit rein en waardig te ontvang, te vorm en te behou, sal geen onwaarheid meer daarin geduld word nie, dit sal verafsku word, soos al die onsuiwer en daarom afgewys word, omdat die mens wat suiwer van hart is, altyd na die waarheid sal verlang. En verlange na waarheid is ook insig. Verlange na waarheid is ook verlange na God, Wie die Waarheid Self is. Verlange na God skakel die werksaamheid van die vyandige mag uit.

Wie rein van hart is, herken die leuen, gevolglik kan hy ook nie meer op `n dwaalspoor gebring word nie, d.w.s. uit onwetendheid iets as waarheid aanneem wat daarmee in stryd is nie. Hy sal dit afwys, selfs wanneer hy dit nie met sy verstand kan beredeneer nie, dog sy hart verweer hom egter, omdat sy deur die suiwerheid `n uiterste ontvanklike gevoel en vermoë het om geestelike goed te beoordeel wat probeer binnekom.

Onsuiwer gedagtes en handelinge stomp die vermoë van die hart af om aan te voel en daarom sal diegene wat die wêreld en sy vreugde voorstaan, ook nie die waarheid besit nie, want die verlange daarna het ook gedagtes en begeertes tot gevolg wat nie uitsluitlik tot God is nie, maar na hom wie se ryk die wêreld is. En hierdie gedagtes sal nie suiwer en rein wees nie, dit sal drifte wek en bevorder wat die mens moet oorwin wat `n gevaar is vir die reinheid van hart en wat `n hindernis is om suiwere waarheid uit God te ontvang. Maar diegene wie die waarheid het nie, het ook nie die lig nie en hulle sal nie die weg vind wat na God lei nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205