BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wolf in skaapsklere -Voorloper van God voor Sy wederkoms

685 Die teëstander sal `n maklike tyd hê wanneer hy in vermomming rondbeweeg soos `n wolf in skaapsklere en die mensdom fassineer met sy voorkoms en woorde. Hy sal elke geleentheid gebruik om skade aan die mensdom te bring. Enigeen wat die kloue van die wolf ten prooi val, sal genadeloos aan flarde geskeur word nadat hy mag oor die siel verkry het.

Laat Ek julle daarom vertel: Julle sal hom wat oor die aarde loop herken deur die vurige swaard van sy tong. Niemand sal sy woord betwyfel nie, want dit sal goddelik wees en `n uitstraling van God se diepste liefde. Maar moenie in heerlikheid en glorie na hom soek nie, sy naam is nederig, onbekend, alhoewel hy homself Johannes noem, het sy sterflike liggaam nie die voorkoms wat hom geestelik versier nie. Hy beweeg onder julle en leer deur woord en daad en is `n voorloper van God voor sy terugkeer na die aarde. Waar hy ookal is, sal sy woord getuig van die liefde van God, en hy sal in die harte van die mensdom `n diep verlange wakker maak na waarheid en lig.

Glo nie die stemme van die huidige tyd wat julle wil mislei nie, wat julle sinne wil verdof vir die goeie en edele nie. Los hulle uit en hou net vas aan dit wat God van bo af aan julle stuur, omdat die inklinasie van die teëstander draai in die rigting van die wêreld en nie weg daarvan in die rigting van die ewige Godheid nie.

Wie luister na Johannes se woorde, sal God se woorde direk hoor en sy gees sal die ware verlossing verkondig. En wie hom hoor, sal heeltemal oortuig word deur sy woorde. Hy kom in die lig van die waarheid, niks wêrelds sal aan hom vasklou nie. Die land waarin hy woon, sal geseënd wees deur sy teenwoordigheid. Die uur van oordeel is nie ver weg wanneer Hy verskyn nie. Hy sal alle lyding met geduld aanvaar en net na die stem van God luister.

Onthou hierdie woorde wanneer hy gevange geneem word om sy lot op aarde te verseël. Maar julle mense sal nie in staat wees om God se advokaat te verhoed om uit te voer wat hy ter wille van die mensdom op homself geneem het nie. Julle sal nooit sterk genoeg wees om teen hom te veg sonder straf nie. Maar sy oë sal met sagmoedigheid rus op julle wie hom sal wil seermaak, want sy liefde en geduld sluit almal in wie hom teenstaan in hulle harte. En hy sal baie wen vir homself, want die krag van sy woorde en sy liefde sal groot wees. En die wêreld sal `n groot verlies ly. Die siele sal verdeeld wees in diegene wat hom erken as hulle verlosser uit die diepste nood en diegene wie se enigste aandeel die wêreld is. En hulle einde sal die dood van hul liggaam en siel wees.

En so word lig aan julle gegee om die dade van diegene te sien wat vra om af te daal, hulle wat wegskram van al die lig van bo, en wat daarna streef om dit te blus, sodat die teëstander die siele kan gryp tydens duisternis.

Die van julle wat vra vir lig, sal lig ontvang, die Heer sal nie toelaat dat julle in die duisternis versmag nie, en Hy sal julle beskerm teen die verskeurende wolwe in vermomming wat rondsluip onder Sy kleinvee, en wie daarna streef om verwarring te veroorsaak. Lees Sy Woord en let op die eerste tekens van verwarring. En elkeen wat ore het om te hoor, sal hoor: Die wêreld sal julle nie vrede bring nie, maar slegs Hy, Wie se koninkryk nie van hierdie wêreld is nie. En Sy vrede sal `n ewige vrede wees en niks in die wêreld sal dit kan vernietig nie en tog sal dit ook regoor die wêreld uitbrei, oor die mense wat die Woord van God sal hoor uit die mond van `n suiwer dissipel van Jesus, wie se liefde die mense wil help en wat God se ewige liefde aan hulle sal verkondig. Hy sal vrede bring aan al die mense wat van goeie wil is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205