BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 389

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God laat die geloofstryd toe

3184 Die mense sal ernstige sielkundige konflikte ervaar as gevolg van wêreldse wette en dit sal nie meer lank wees voordat dit gaan plaasvind nie. Hulle sal gedwing word om openlik oor hulle geloof standpunt in te neem en God sal dit toelaat, omdat dit noodsaaklik geword het dat die mense hulself sal besighou met die vraag oor hulle sieleheil, waaraan hulle tot nou toe geen aandag bestee het nie.

Hy sal toelaat dat hulle deur die aardse mag verdruk word en in `n noodtoestand raak terwille van hulle geloof, sodat hulle `n duidelike besluit sal moet neem van hoe hulle teenoor hulle geloof staan. Hy laat elke mens sy vryheid toe, dus word geen mens deur God gedwing om Hom te erken as die innerlike stem hom nie daartoe beweeg om God getrou te bly en dat hy innerlik deur die Stem gedryf voel om Hom voor die wêreld te bely nie.

God sal hom steeds innerlik waarsku en vermaan, en innerlik spreek waar daar nog twyfel heers en wanneer die mens `n swak wil het. Hy sal almal bystaan wat nog twyfel en Hy sal Hom aan hulle openbaar en as die mens van goeie wil is, sal hy ook weet wat om te kies, want die ligwesens aan wie hy toevertrou is, sal hom help en sy gedagtes in `n goeie rigting lei.

Baie mense sal egter dit weggooi wat hul kosbaarste besitting moes gewees het, naamlik die geloof in Jesus Christus as die goddelike Verlosser. Hulle sal sonder aarseling die wêreld kies en hulle siele in groot nood bring. God sal diesulkes nog eers vermaan, deurdat Hy hulle tegemoet sal kom deur Sy diensknegte, deurdat Hy aan hulle die krag van die geloof sal leer en sodoende buitengewone bewyse gee wat tot geloof sal lei as hulle nie heeltemal weerspannig teenoor God is nie.

Daarom laat God die stryd teen die geloof toe en laat dit vorm aanneem teen die verdorwenheid wat die mense kenmerk, want Hy wil Hom in die tyd Self openbaar, sodat die mense gered kan word wat nog slegs `n klein aansporing nodig sal hê om tot geloof te kom.

Daarom sal Hy ook nie die aardse mag verhinder wanneer hulle openlik optree teen die mense wat Jesus bely nie, want nou sal die mense gedwing word om `n keuse te maak, wat besonder belangrik sal wees vir die siel. Dit bestem die lot van die siel vir die ewigheid, óf sy ten lewe, óf sy ten dode sal ontwaak wanneer sy van die aarde skei. Sodat die mense dus nog die regte besluit kan neem, poog God om hulle nog vroeër tot insigte te bring.

Hy trag om hulle te beïnvloed deur aardse en deur geestelike diensknegte wat hulle sal bystaan as hulle nie weet wat hulle moet doen nie. Maar Hy sal hulle wil nie dwing nie, daarom is dit noodsaaklik dat die mens deur aardse metodes self tot `n beslissing gedwing word, sodat hulle verseker is van die vryheid van hulle handelinge. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205