BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 472

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kleingelowigheid

3476 Waarom is julle bang en waarom aarsel julle? En waarom is julle so kleingelowig? Waarom hou julle nie vas aan My Woord wat My hulp en genade belowe vir julle nie? As julle in My Woord glo, sal alle bangheid van julle afval. Maar sonder hierdie geloof is julle soos `n riet wat wuif in die wind, onstandvastig en prysgegee aan die bose magte wat probeer om julle te ontwortel. Sonder geloof in My en My Woord is dit donker in julle en julle siele word wanhopig.

Daarom sal julle voortdurend moet worstel vir ’n diep geloof. Julle moet tog weet dat niks kan gebeur sonder die wil van `n hoër Mag nie. Julle moet weet dat die wil van die afsonderlike mens nooit die verloop kan bepaal van dit wat hy vir homself voorneem nie, as Ek nie My toestemming gee nie, aangesien daar dan geen ellende op die aarde sou gewees het, as die mens dit in sy hande sou gehad het om self sy lot te vorm nie. En dus sal julle `n hoër Mag moet erken wat die lot van elkeen beheer. En as julle geloof in hierdie hoër Mag gekry het, moet julle ook leer om te glo in die Liefde en Wysheid van hierdie Mag, maar nie as julle die menslike maatstaf gebruik wat onvolmaak is, naamlik liefdeloosheid en gebrekkige kennis nie.

Julle sal veral moet poog om die liefde te herken, terwyl julle nadink oor die skepping en sy Skepper. Wanneer julle `n ontvanklike hart sal hê, sal julle die taal van die skepping verstaan, wat slegs aan julle die liefde en wysheid verkondig van Hom wat alles laat ontstaan het. Wanneer julle `n ontvanklik hart het, kan Ek julle Self onderrig oor die sin en doel van die skepping en julle aardse lewe. En dan sal julle ook leer om My sien as Liefde, Wysheid en Mag. En dit is die geloof wat julle sal sterk maak en elke onheil en elke versoeking sal trotseer.

En indien julle ’n goeie wil het om uitsluitsel hieroor te kry deur My Woord te hoor of te lees, sal julle julle geloof hierdeur verdiep en julle sal nie meer bang wees nie, want My Woord bevat krag wat op julle sal oorspoel, indien julle dit in diep geloof sal opneem en daarvolgens sal leef. Vra en worstel vir `n sterk geloof. Laat julle nie terneerdruk deur die nood van die tyd nie, want dit sal oor julle kom, sodat julle des te inniger na My kan roep. En julle geloof sal onwankelbaar word wanneer julle My hulp sigbaar gewaar.

Julle kleingelowiges wil Ek egter toeroep: Laat al julle sorge vaar. Beskou julle as My kinders van ewigheid, wie die Vader van ewigheid liefhet en wie Hy nooit sal wil verloor aan die magte van die duisternis nie. En probeer alle gebeure slegs vanuit hierdie liefde, wat julle wil terugwen, te verklaar. En julle sal gelowig word, omdat julle dan die doel en die sin sal insien van dit wat Ek oor julle stuur. Julle sal vol vertroue om hulp kan roep na die Vader wat julle liefhet en julle versoek sal ook vervul word. Sodra julle die korrekte verhouding tot stand gebring het, die verhouding van `n kind tot die Vader, sal julle ook korrek en welgevallig tot My kan bid en verhoor word. Want Ek wil as Vader aangeroep word. Julle moet as ware kinders na My toe kom en dan sal daar onmeetlike genade en krag julle toestroom. En julle sal alle sorge en laste oorwin, want dan dra julle niks meer alleen nie, maar julle Vader wat in die hemel is, help julle dra. En weet dat alle nood vir julle tot seën kan wees en eens sal ophou, want die aardse lewe is kort, maar dit is beslissend vir die ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205