BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gesamentlike hulp van wesens in die hiernamaals(2)

1401 Dus werk die geestelike volmaaktes onophoudelik vir die verlossing van die onvolmaaktes en liefde is altyd die motiverende faktor, omdat die toestand van hierdie wesens se volmaaktheid, ook `n gebied van aktiwiteit vereis en dit is wat hulle op aarde, asook in die hiernamaals soek, omdat die onverloste siele aan onbeskryflike ontbering ly, wat nie sonder aktiewe hulp verminder kan word nie. Derhalwe sal die wesens in die hiernamaals gretig probeer om met behoeftige siele kontak te maak en hoewel dit dikwels afmattend en nie suksesvol is nie, sal dit nooit nagelaat word nie. Om hierdie rede moet die wesens `n bomatige hoeveelheid geduld en liefde hê, sodat hulle nie hul pas in hulle werk verslap nie. Soms kan `n eenvoudige verwysing na die ewigheid voldoende wees om `n siel nadenkend te maak en dan word die verbinding gemaak, aangesien die vriende in die hiernamaals hulle gedagtes aan so `n nadenkende persoon kan oorbring.

Maar as die persoon slegs materialistiese gedagtes, op aarde asook in die hiernamaals het, sal sulke wenke ongehoord verdwyn. Hy leef slegs in die hede en sal nie sy hopelose toestand in die ewigheid oordink nie. Sulke siele word buitengewoon hard en moet deur pyn en lyding van hulle situasie bewus gemaak word. En selfs dan sal die ligwesens hulle nie verlaat nie, hulle word egter nie deur die arme siele herken nie, maar is altyd bereid om te help.

Die wesens op aarde word ook permanent omring deur die draers van lig wat hulle gedagtes na die geestelike wêreld wil lei, maar hulle liefde word dikwels verwerp. Hulle hulp word afgewys en die mens bly in dieselfde toestand wat eendag tot `n ellendige lot vir hom in die hiernamaals sal lei. Met die kennis van hierdie dreigende ontbering, sal die wesens nie die mense wat aan hulle toevertrou is, verlaat vir solank hulle op aarde lewe nie. Hulle is ook dikwels die oorsaak van aardse ontbering en lyding, as hulle nie ander middele kan vind om die siel te help nie. Hulle is die oorsaak van mislukkings, verlore hoop en alle soort teleurstellings, wat slegs bedoel is om die futiliteit van hulle aardse inspanning onder hulle aandag te bring en hulle gedagtes in `n ander rigting te lei. Hulle ken die waardeloosheid van alles wat die mens probeer bereik en aangesien dit nie geestelik aan hulle verduidelik kan word nie, omdat dit ferm verwerp word, moet die mense dikwels gedwing word om dit op te offer wat hulle probeer bereik.

Hierdie taak is nie maklik vir die volmaakte wesens nie, omdat hulle emosie liefde is en liefde wil altyd vervul en gee, dit wil geluk en vreugde gee en moet nou wegneem en pyn veroorsaak aan mense vir wie hulle lief is. Maar die lyding wat eendag op hulle wag, sal baie groter wees en om dit vir hulle beskermlinge af te weer, meng hulle dikwels vernietigend op die aardse lewe in. Die finale verlossing van sulke wesens kan slegs bereik word deur lyding, wanneer liefde nie in hulle gewek kan word deur die lyding van hulle medemens raak te sien nie. Dit kan baie vinnig tot `n verandering van mening lei. Hulle eie lyding sal hulle nie altyd tot bewustheid lei nie, maar om die pyn van hulle medemens te sien, sal `n persoon nadenkend maak en hom `n beter begrip gee. En dan sal die gevaar vir hierdie siel verbygegaan het, omdat die hart van `n persoon wat kan liefhê, nie verhard is nie en die invloed van die wesens uit die hiernamaals sal suksesvol wees. Daarom kan die mense se lyding nie vermy word solank hulle nie van die feit bewus geword het dat hulle op aarde lewe om vir die ewigheid voor te berei nie. Slegs lyding sal hierdie gedagte nader aan hulle bring en dit is die enigste hulpmiddel beskikbaar aan hulle wat vir die siele veg. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205